Lamsak

My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Thursday, January 25, 2007

Iets het iewers verkeerd geloop

Dankie aan Adam vir hierdie verrassingkie oor myself. Dis omdat ek omgee vir mense en nie ander gebruik vir eie gewin nie.

Your results:
You are Supergirl
























Supergirl
88%
The Flash
75%
Superman
70%
Green Lantern
70%
Wonder Woman
63%
Robin
60%
Iron Man
55%
Hulk
40%
Spider-Man
35%
Catwoman
35%
Batman
30%
Lean, muscular and feminine.
Honest and a defender of the innocent.


Click here to take the Superhero Personality Test

Wednesday, January 24, 2007

Natuurprag

Check hierdie ding!

Verbeel jouself dat jy aan die snorkel is iewers in 'n tropiese paradys. Sekondes later sien jy hierdie ding en sit jy veilig op die strand danksy die dryfkrag van spontane ontlasting.

Lees ook die Google comments onder my vorige inskrywing.

Tuesday, January 23, 2007

Temporary Business Entry (Long Stay) Visa Subclass 457

Ek is geweldig trots op my Afrikanerskap en my Suid-Afrikanerskap, maar danksy daai liewe paspoort het ek pas die mees frustrerende 4 maande van my lewe beleef... Alles oor 'n werksvisa wat van maatskappy moes verander - en vier maande in plaas van 2 weke geneem het.

Die visa het darem Saterdag deurgekom en nou sit ek amptelik in my nuwe kantoor in my eie kantoor. Jammer vir die stilswye, dit was 'n kombinasie van huisverwisseling en geen rekenaartoegang vir 'n week of wat.

Thursday, January 11, 2007

Hoe ken julle mekaar nou weer?

As jy 'n Statcounter op jou Blogsite het, is dit moontlik om te gaan kyk hoe mense op jou site te lande kom. Sommige trefslae is te danke aan lukrake Google-soektogte wat op een of ander manier jou site kies. Ek betwyfel egter die sinvolheid en betroubaarheid van die soekresultate, aangesien die volgende Google (en ander soekenjins) soektogte mense op my site laat beland het:

Lamsak
Lammervanger
Kaal meisies
Ingewande van de haai (Nederlander)
Afrikaanse meisies kaal
Kaal meisies klitoris
Kuitoefeninge

Ek run nie 'n bliksemse pornsite nie man!!! Klitoris is ook nog nooit hier gebruik nie.

Thursday, January 04, 2007

2007

Teen drie-uur Woensdagoggend toe ek en Voetstoots mekaar weereens belowe dat hierdie bier die laaste een sal wees, het ons talle sinvolle besprekingsessies deurgewerk oor die lewe en alles wat belangrik en onbelangrik is. Voetstoots was die eerste persoon wat ek uitsluitlik deur internetwisselwerking ontmoet het en toe in die regte lewe ontmoet het. Soos ek in my vorige bloginskrywing genoem het - ek was nog altyd oortuig daarvan dat net pedofiele, reeksmoordenaars en soortgelyke wanaangepastes persoonlike ontmoetings deur die internet reël. Weereens was ek verkeerd en ons geselligheid saam was uiters aangenaam.

Dit is wat die Sydney Morning Herald te sê het oor die Nuwe Jaar in Suid-Afrika. My eerste nuwejaarswens is dus dat die misdaadstoestand in Suid-Afrika sal verbeter. Ek praat hier van 'n noemenswaardige verbetering en nie breukdele van persentasiepunte net omdat die syfers met 'n ander statistiese instrument behandel word nie.

My tweede nuwejaarswens is dat ons die Krieketwêreldbeker sal wen. Alhoewel ons in 1999 naby gekom het, was dit grootliks te danke aan Lance Klusener se belaglike goeie vorm. Ons het dit ook nie verloor danksy Gibbs se verbroude vangskoot nie, so hou asseblief op om dit te sê, maar wel omdat ons teen Zimbabwe loop staan en verloor het op 'n krieketveld in Holland waar 'n boom in die buiteveld as bykomstige veldwerker gedien het. Daai verloorstryd het veroorsaak dat ons toe weer teen Australië moes speel in die halfeindstryd. Persoonlik dink ek dat ons in 1996 'n beter kans gestaan het, net om toe deur 'n briljante Brian Lara uit die toernooi uit gebliksem te word.

My derde nuwejaarswens is dat al die verslaggewers en skrywers by my geliefde Afrikaanse publikasies hulle stryd teen belaglike anglisismes, direkte vertalings uit Engels uit en skryfkunsdetails in die algemeen sal voortsit. Ek is 'n groot voorstaander van die idee dat 'n taal moet aanpas om te oorleef en woorde soos bloekom (blue gum) en sikspens (six pence) brei ons woordeskat uit. Hierdie tipe anglisismes verwelkom ek in die neologisme-kraal. Woorde soos eskalerend en provokatief en sinsnedes soos "ons het saam opgegroei" laat braakwalms deur my neusholtes peul. Spelfoute is natuurlik net so belangrik om te vermy, aangesien een letter die hele betekenis van 'n woord of 'n sinsnede kan verander. Neem byvoorbeeld voorval vs voorvel en Ek mis jou vs Ek mis gou (die woord mis se betekenis verander hierso van verlange na tjorts).

Ek dink nog wat my Nuwejaarvoornemens moet wees vir hierdie jaar wat voorlê.

Ek hoop regtig dat 2007 besmet is met goeie dinge vir julle almal.