Lamsak

My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Tuesday, October 24, 2006

Koue Sweet

Ek het besluit om vyf dinge te lys waarvoor ek bang is. Dit volg na aanleiding van 'n paar lyste van "20 dinge oor jouself" wat ek bespied het en wat te veel moeite is.

1) Spinnekoppe groter as 'n ou 50-sent stuk. Ek is nie bang vir slange, leeus in paartyd, vlermuise, goggas of ander gevaarlike dinge nie, maar wel spinnekoppe wat groter is as daai ou muntstuk. Iets van die grootte dien as snellermeganisme wat 'n chemiese wanbalans in my brein laat afskop. Die chemiese wanbalans sluit ook die deel van my brein in wat my liggaamsfunksies soos ontlasting beheer.
2) Spinnekoppe kleiner as 'n ou 50-sent stuk. 'n Kunsgreep wat my brein op my toepas.
3) Dryfsand. Net soos in die Lone Ranger. As die dryfsand tot by jou knieë kom kan jy al klaar nie meer uitkom nie (behalwe as daar 'n Rooihuid en 'n perd naby is) en dan het jy 'n goeie 40 minute om te dink hoe dit voel om in nat sand te verdrink.
4) Vulkane. Soos in Pompeii. Niks kan lawa stuit nie. En as jou voete eers net onder jou enkels afgebrand is, sukkel mens om vinnig te hardloop.
5) Paper cut op my oogbal. Kan moontlik kontaklens in-en-uithaal belemmer.

Friday, October 13, 2006

Ek, as Entiteit, in en om die Wêreld

In Iran is daar 'n stad met die naam Lamsak. Dit moet oombliklik deel word van julle algemene kennis. Niemand is seker hoeveel Lamsakkers in Lamsak woon nie, maar dit is nie belangrik nie. Dit is 'n stad. Hulle eet lamme wat in sakke gekook word en baie van die mense is lam en hou dus hulle karige besittings in sakke.



Ek het hierdie week my eerste poging as eksterne, onverbonde eksaminator van 'n Magistertesis onderneem. Die tesis was puik en van hoogstaande gehalte. Danksy my punt gaan die kandidaad sy graad cum laude verwerf. Ek weet hoe gelukkig dit hom sal maak.

Wednesday, October 04, 2006

Vergifnis

Ek gaan nie meer hel toe nie want ek bly nie meer in sonde saam nie want ek is nou enkellopend.