Lamsak

My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Friday, April 21, 2006

Die Gedrog van Ewige Verminking en Spontane Ontlasting

Aangesien honde gereeld op ander blogs (lees weereens Saligerus) hul verskyning maak, het ek besluit om my 5 sent ook in die spaarbussie in te forseer.

Ag kyk net hoe mooi lyk oubaas se honne!

Die Noord-Amerikaanse Indiane verwys na hierdie tipe honde as "Die Leeu wat baie aan Hond Herinner", of "Die Een wat nie sukkel om Ledemate te verwyder nie".

As ek ooit 'n uitnodiging vir 'n lekker aandete by hierdie huis ontvang, sal ek aandring dat my kos deur my motorruit aangegee word en mense kan my op my selfoon bel as hulle vir gesels. Verder sal ek lekker luister na die kuberplatejoggie op Radio 2000.

(Ek ken nie die meisie nie so ek moes haar identiteit beskerm)

Wednesday, April 12, 2006

Paasnaweek Pret

Voor ek begin wil ek eers my hoed afhaal vir my mede-bloggers (lees Saligerus) in die kuberruimte wat so 'n navolgingswaardige voorbeeld stel deur die gereelde instandhouding van hulle eie blogs. Ek blog beswaarlik al 'n maand lank en ek voel klaar skuldig omdat ek my ondersteuners (skynbaar) so afskeep.
Raait - Gelukkige Paasfees!


Hierdie prentjie is glad nie veronderstel om spottenderwys (bestaan daar so 'n woord?) ervaar te word nie...maar dit is baie snaaks.

Ek slaan Vrydagoggend dou voor dag die Grootpad af na die Suidkus van New South Wales. 'n Plek genaamd Mollymook so 3-4 ure suid van Sydney. Daar gaan ons lekker op die strand baljaar, duik, snorkel, visbraai, potjie maak, malvapaaseiers wegsteek en wilde bessies & heuning soek. Die gholf waansinniges onder my ondersteuners sal ook trots wees om te hoor dat ek nou die dag 'n 245m dryfhou geslaan het. So die Mollymook gholfbaan gaan ook aangedurf word.


Ry asseblief veilig waar julle ookal heen verkas!