My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Thursday, June 07, 2007

Fobiekonfrontasie

Daarsy, ek is weer terug.

Ek is volgende week in Duitsland in 'n gehuggie met die naam Nuthetal. Dit is langs Potsdam (rym met kotskam). Ek sien uit na my reis, al gaan ek net vir drie dae in Duitsland wees. Dit is besonder kort as daar in ag geneem word dat die somtotaal van my reistyd amper vier dae is... My roete is Sydney-Hong Kong-Helsinki-Berlyn. Die trippie kom op baie kort kennisgewing so ons kon nie plek kry op die optimum roete nie.

Dit bring ons dan by die fobie-deel van die bespreking. Die vlug tussen Hong Kong en Helsinki. En Helsinki en Hong Kong. Op Finnair. Wat op daai roete 'n MD-11 gebruik. MD-11 is die bliksemse vliegtuig wat in ELKE movie oor botsings, mid-air botsings, vlerke wat onverklaarbaar afval, derde enjin wat in paadjie afvlieg en ledemate saamneem, kapings en dies meer feature. In hulle almal!!

So lyk hy sekondes weg van die aanloopbaan in Helsinki

en so lyk hy

en so moet hy nie lyk nie


Laat dink my aan toe ek die eerste keer deur Hong Kong gevlieg het en 'n geroeste Dragon Air vliegtuig in 'n afgeleë hoek sien staan het. Dragon Air word toe die tema van al my lugverskrikking grappies. Ses maande later sit ek toe wragtag op 'n Dragon Air vliegtuig tussen Hong Kong en Beijing.... en hier gaan ons weer.

8 Comments:

Anonymous Anonymous said...

Ek is persoonlik glad nie bang vir vlieg nie. Daar is absoluut niks wat jy daaraan kan doen as die vliegtuig gaan val nie, so verskuif maar net na die ander lam boud en hoop dat dit als vinnig verby is.

3:21 PM  
Blogger Lammervanger said...

Ek is glad nie bang vir vlieg nie, maar ek kan 'n tipe vliegtuig in 'n monster omskep as my gedagtes lus is...

3:28 PM  
Blogger Christine said...

AS daar iets gebeur, kan ons na die tyd grappies maak soos:
Waar is Lam?
He disappeared in Finnair.
Teeheee

8:01 PM  
Blogger Voetstoots van Tonder said...

ek kan maar net raai jy (en kollegas?) gaan Kotskam toe om allerhande nonsens kwyt te raak oor bio-energie etc?

voel julle nie sleg oor die carbon footprint wat julle in die proses agterlaat nie??

6:08 AM  
Blogger Lammervanger said...

Christine dit was f#kken snaaks.
Voetstoots - ek is besig om die Planeet te red en dis 'n langtermyn plan...so los my dat ek vlieg waar ek wil!

7:53 AM  
Anonymous Anonymous said...

Christine - dis vlymskerp! Ek het nou amper in my broek gepiepie.

9:54 AM  
Blogger maeree said...

lol
die probleem met finair is nie die vliegtuie nie, maar die scary lugwaardinne!

4:46 PM  
Blogger Lammervanger said...

Maeree-jy was doodreg oor die lugwaardinne op Finnair. Wiking-afstammelinge wat warm tee in jou gesig smyt.

Anyway, ek het oorleef en is nou selfs nog slimmer as gewoonlik...

7:41 AM  

Post a Comment

<< Home