My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Tuesday, January 23, 2007

Temporary Business Entry (Long Stay) Visa Subclass 457

Ek is geweldig trots op my Afrikanerskap en my Suid-Afrikanerskap, maar danksy daai liewe paspoort het ek pas die mees frustrerende 4 maande van my lewe beleef... Alles oor 'n werksvisa wat van maatskappy moes verander - en vier maande in plaas van 2 weke geneem het.

Die visa het darem Saterdag deurgekom en nou sit ek amptelik in my nuwe kantoor in my eie kantoor. Jammer vir die stilswye, dit was 'n kombinasie van huisverwisseling en geen rekenaartoegang vir 'n week of wat.

10 Comments:

Blogger Voetstoots van Tonder said...

ek simpatiseer ten volle - self het ek ook 'n lang, treurige storie op die oomblik aan die gang - sal dit seker binnekort neerpen... dis darem maar frustrerend om heeltyd soos 'n tweedeklas-burger te moet voel...

8:38 AM  
Anonymous Anonymous said...

UitFLIPPENeindelik. Welkom terug.

2:37 PM  
Blogger Pienk Zuit said...

Uit eindelik ja!

Het jy darem gescore terwyl jy werkloos was?

3:05 PM  
Anonymous Anonymous said...

aaaah, die goeie ou groen mamba, soos baie mense lovingly na die SA paspoort verwys... niemand wil aan hom vat nie. Ek is seker ons is die enigste engelssprekende land wat nog Shengen visa's nodig het om in Europa te reis!

3:13 PM  
Blogger Lammervanger said...

Dankie dankie, ek weet dat ek my aanhangers afgeskeep het. Julle kan julleselwers maar weer regmaak vir allerhande ligsinnighede en ander lekker leesgoed.

3:40 PM  
Blogger Pienk Zuit said...

Het jy email in jou nuwe eie kantoor? Stuur my 'n mail : pienkzuit(at)gmail.com

4:04 PM  
Anonymous Anonymous said...

Geluk lam. Wow, 4 maande is baie lank? Is dit net 457 of 'n PR?

Was jy die heeltyd in Australie of moes jy landuit in daai tyd?

6:28 AM  
Blogger Lammervanger said...

Die maatskappy het die aansoek ingedien terwyl ek in die land was, so ek kon nie die land verlaat nie. Dit is 'n 457, nie PR nie. 4 maande is lank genoeg om die karakter, siel en verstand behoorlik te toets...

1:33 PM  
Blogger Lammervanger said...

En my huidige beheptheid met Google-soektogte wat na hierdie site toe lei, duur voort. Vandag: white pointer haai, kaal meisies, slegte verhoudings tussen man en vrou, kornea oorplantings, kaal skool meisies, kalant betekenis.

Ek weet nie meer wat om te dink nie.

1:40 PM  
Anonymous Anonymous said...

Ek sukkel nog om te verstaan hoekom enige iemand porn in afrikaans soek. Ek het ook nie meer woorde nie, mense is vreemd, dit maak my bang.

4:25 PM  

Post a Comment

<< Home