My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Wednesday, October 17, 2007

Beur net vorentoe


Ek het myself al vantevore na die natuur gewend in 'n poging om my blog-stilswye te genees, so hier gaan ons al weer.

Ek oorweeg om hierdie kiekie na National Geographic in te stuur onder die byskrif "Man hardloop vir seekoei weg"
Ek voel hierdie byskrif is beskrywend genoeg, maar terselfdertyd vaag genoeg dat die leser sy eie opinie moet vorm oor die prag van die toneel.

15 Comments:

Anonymous Anonymous said...

Ek dink dit moet lui: "Man hardloop vir seekoei met drie pote weg". Waar's sy ander been?

2:09 PM  
Blogger BoerinBallingskap said...

Bly om te sien daar is nog lewe!

Binne die huidige tydswrig, stel ek die volgende opskrif voor:

"Three-legged hippo in racist attack"

9:48 PM  
Blogger eunida said...

Nee man,stuur dit vir 50/50...met 'n opskrif "Raar maar Waar"!!!!eunida

10:06 PM  
Blogger Christine said...

classic. lyk of die seekoei sy gat af lag.

11:10 PM  
Blogger Lammervanger said...

Aaahhh nou sien ek ook, die seekoei het klaarblyklik net drie bene. G'n wonder dit lyk asof die ou aan die wegkom is nie...

7:20 AM  
Anonymous Anonymous said...

Waar het jy die foto gekry, Lam?

2:11 PM  
Anonymous Anonymous said...

Shame.

4:40 PM  
Blogger Freddy said...

Daai seekoei is besig om te retireer. Hy wandel agteruit.

10:12 PM  
Anonymous Anonymous said...

Bokke!

8:21 PM  
Anonymous Anonymous said...

Daai arme ou se voete vat nie eens grond nie!

5:18 PM  
Blogger Lammervanger said...

Carien - ek weet nie, dit het op 'n lukrake dag in my inbox opgedaag.

Miskien is hulle altwee maar net bang dat hulle nie betyds by die petrolstasie gaan uitkom nie.

12:10 PM  
Anonymous Anonymous said...

Hie kommie Ozzi,
Kiwi,
Ingilse,
Hane,
Maar waars die MANNE?!

3:18 PM  
Blogger maeree said...

vertel vir ons wat se soort goggas als in boeke leef, asb.
nie vismotte nie. ander soorte.

6:39 PM  
Anonymous Anonymous said...

Ag nee dnner, as jy nie eens meer "Hie kommie Bokke" se woorde ken om saam te sing nie was jy duidleik te lanklaas in die Land van Melk en Heuning. Kom 'n slag huis toe man!

9:36 PM  
Blogger Lammervanger said...

Maeree - dis 'n goeie plan, ek werk daaraan.
Rick - jammer, ek kon jou nie hoor nie.

2:18 PM  

Post a Comment

<< Home