My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Thursday, January 11, 2007

Hoe ken julle mekaar nou weer?

As jy 'n Statcounter op jou Blogsite het, is dit moontlik om te gaan kyk hoe mense op jou site te lande kom. Sommige trefslae is te danke aan lukrake Google-soektogte wat op een of ander manier jou site kies. Ek betwyfel egter die sinvolheid en betroubaarheid van die soekresultate, aangesien die volgende Google (en ander soekenjins) soektogte mense op my site laat beland het:

Lamsak
Lammervanger
Kaal meisies
Ingewande van de haai (Nederlander)
Afrikaanse meisies kaal
Kaal meisies klitoris
Kuitoefeninge

Ek run nie 'n bliksemse pornsite nie man!!! Klitoris is ook nog nooit hier gebruik nie.

16 Comments:

Blogger Lammervanger said...

Nee wag ek lieg. Klitoris was al hier gebruik - destyds as deel van my 50/50-tipe rubriek toe ek die paringsdaad van die Fasu van Madagaskar beskryf het. Loop check hier iewers in die argiewe.

1:23 PM  
Blogger Voetstoots van Tonder said...

en nou het jy dit pas weer gebruik - wat beteken dat jou aantal trefslae binnekort verder gaan opskiet as gevolg daarvan...

5:36 PM  
Blogger Do Kwang said...

Ek kry baie gereeld mense wat naakfoto's van Laurie Gaum soek.

6:08 PM  
Blogger Do Kwang said...

By the way, weet jy dat daar tans bo-aan jou blog 'n advertensie is vir die Wit Ekonomiese Allianse (Kom ons staan saam om weer vir die Blanke 'n toekoms te bied in SA)

6:19 PM  
Blogger Lammervanger said...

Op my Statcounter vandag: Googles wat na my toe gelei het: Kaal meisies, klein kaal meisies, foto's van erdwurms.

Die mensdom is behoeftig.

9:26 AM  
Anonymous Anonymous said...

dis hartseer

3:16 PM  
Blogger maeree said...

wat my die meeste pla, is mense wat nie weet hoe om search engines te gebruik nie.

5:03 PM  
Anonymous Anonymous said...

ek dink dit pla my meer dat iemand klein kaal meisies soek. dis disgusting

9:31 PM  
Blogger Lammervanger said...

Jy's reg, dit is siek. Sodra ek my miljoene gemaak het, gaan ek 'n beweging op die been bring wat sulke mense op die plek teregstel.

8:04 AM  
Anonymous Anonymous said...

ek dink daar is so baie sulke siek mense dat jy massagrafte sal nodig hê vir almal.

3:17 PM  
Blogger arcadia said...

kuitoefeninge?

dis wragtag een van die laaste goed waarvoor ek ooit op die internet sal soek.

1:32 AM  
Blogger Margie said...

Dit lyk na 'n skokkende getal mense wat na Afrikaanse pornografie soek.

11:08 PM  
Blogger dorothy said...

for some reason i feel mildly taken aback - in a victorian kind of way - that the words 'naked', 'girls' and 'clitoris' is being googled in afrikaans. for some reason i find this a little alien, almost like good afrikaans boys wouldn't know what a clit is let alone know how to spell it (NOT TRUE I KNOW - I'M JUST EXPRESSING MY INTIAL FEELINGS)

7:24 PM  
Blogger Margie said...

Iemand het op my blog afgekom deur "saying good-bye to colleagues" te Google. Huh?! Wie Google dit? Wonder of die persoon die een is wat gly of bly...

9:54 PM  
Blogger Do Kwang said...

Bestaan hierdie blog nog?

5:10 PM  
Anonymous Anonymous said...

You finally found the best spot to compare and purchase Invicta Grand Diver [url=http://invicta-grand-diver.pkak.com/] Invicta Grand DiverWatches.[/url]
In our site you can compare the prices from high quality shops.
You can find full details and description of our Invicta Grand Diver Watches.
Here you'll be able to buy the right [url=http://invicta-grand-diver.pkak.com/] Invicta Grand Diver watches[/url] that fits your needs and budget, and most important, those you wish to have.

8:42 AM  

Post a Comment

<< Home