My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Wednesday, January 24, 2007

Natuurprag

Check hierdie ding!

Verbeel jouself dat jy aan die snorkel is iewers in 'n tropiese paradys. Sekondes later sien jy hierdie ding en sit jy veilig op die strand danksy die dryfkrag van spontane ontlasting.

Lees ook die Google comments onder my vorige inskrywing.

10 Comments:

Blogger Do Kwang said...

Daardie is die vieslikste ding wat ek nog ooit gesien het. Dink jy mens kan dit eet?

4:20 PM  
Anonymous Anonymous said...

Laat mens wonder hoeveel ander gedrogte in die water skuil. Ek is heeltemal te bang vir die see om ooit te snorkel.

4:34 PM  
Blogger maeree said...

sien!? sien!? dis hoekom ek nie swem waar ek nie my voete kan sien nie.

kon sy ousus dalk die leviatan gewees het?

5:00 PM  
Blogger Adam said...

Fokkit! Behalwe vir die momentum faktor, sou ek dalk vir my 'n feces eiland geskrik het...

5:20 PM  
Anonymous Anonymous said...

Kyk bietjie dié video...http://news.bbc.co.uk/player/nol/newsid_6290000/newsid_6294000/6294035.stm?bw=nb&mp=wm

9:44 PM  
Blogger rondloper said...

Aarde maar dis 'n eienaardige kreatuur. Eet hulle mense? Ek is nie bang nie.

11:09 PM  
Blogger Lammervanger said...

Maeree ek stem saam, alhoewel ek snorkel en scuba, hou ek nie daarvan om te swem waar ek nie die bodem kan sien nie.
Anja ek dink daar is baie eienaardige gedrogte in die diepsee en in die middel van die Amasone.
Adam. Ek het weer oor die saak gedink en besef dat ek nie op die strand sou opeindig as ek spontaan aan die ontlas gaan nie, maar wel op die seebodem. Dit is omdat ek 'n wetsuit sal aanhê en die groeiende tjortsbal dus vinnig die digtheid van 'n gewigstootbal sal bereik omdat dit nêrens het om heen te ontsnap nie.

6:23 AM  
Blogger avesse said...

Janee, dit sal nogal 'n bekakking wees om so 'n vreeslike gedierte te ontmoet. Maar hy is eintlik vir my nogal mooi.

11:33 AM  
Blogger Do Kwang said...

As jy baie tamaties eet, is die voordeel dat die pH van jou bekakking laag genoeg sal wees, dat dit jou dadelik binne jou wetsuit sal marineer en die haai dus sal weier om sy mond aan jou te waag (tensy hy 'n voorliefde vir iets met dieselfde smaak as sweet and sour pork het).

4:46 PM  
Blogger Freddy said...

Lyk amper soos die woefie van Neverending Story

6:24 PM  

Post a Comment

<< Home