Lamsak

My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Wednesday, October 17, 2007

Beur net vorentoe


Ek het myself al vantevore na die natuur gewend in 'n poging om my blog-stilswye te genees, so hier gaan ons al weer.

Ek oorweeg om hierdie kiekie na National Geographic in te stuur onder die byskrif "Man hardloop vir seekoei weg"
Ek voel hierdie byskrif is beskrywend genoeg, maar terselfdertyd vaag genoeg dat die leser sy eie opinie moet vorm oor die prag van die toneel.

Thursday, October 04, 2007

Mmmmmmm

Kom ek wonder hoekom de donder ek so sukkel om te blog:

- Ek het my standaarde te hoog gestel
- Die rugbywêreldbeker help nie om die momentum terug te wen nie
- Elke Maandagaand neem ek 'n Franse klas...Ek het pas klaargemaak met my Beginners 1 en begin oor twee weke met my Beginners 2. Voila!
- Fokus Lamsak fokus!