Lamsak

My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Tuesday, May 29, 2007

Hy Haal Nog Asem

Ek verstaan nou hoekom blogs wat eens in 'n gesonde toestand en ooraktief was, ewe skielik sneuwel en ander bloggers in 'n diep put van depressie in smyt. Die antwoord is werkslas...nie noodwendig die ondraaglike aambei-, maagseer-, tandsteen en pitseervormende las-tipe nie, maar meer die blog-momentum wat onderbreek word. Skielik nie meer so baie tyd nie, skielik huppel blogidees nie meer deur jou kop nie, skielik is 'n week verby sonder 'n nuwe inskrywing, skielik is nog 'n week verby, skielik oorweeg jy dit om jou blog te staak, skielik dreig aanhangers jou met persoonlike verwerping en blogrol verbanning en skielik lê ek kaal en alleen in my bad terwyl ek saggies my duim suig met lou-warm water wat inloop en 'n ingepropte broodrooster wat regstaan op die bad se rand.

Gelukkig is ek nog nie in die elektriese-toebehore-in-die-badkamer-fase nie...

Thursday, May 17, 2007

Wie's daar?

Die redes hoekom die stank van die dood oor hierdie blogsite hang, kan as volg saamgevat word:

1) Ek moes die North East Biofuels Organization van Victoria vertel hoe goed hernubare brandstof vir die omgewing en die ekonomie kan wees. Ek het geslaag daarin.
2) Ek moes 15 CEOs wat besighede bedryf in 'n ontwikkelingsaanleg waar ons wil ontwikkel, oortuig dat ons beoogde aanleg geen skade aan hulle, die omgewing of enige ander tasbare dinge sal aanrig nie. Ek het geslaag daarin.
3) Ek moet môre die biodiesel bedryf in die wêreld en Australië aan die Departement Chemiese Ingenieurswese opsom, verduidelik, uitpluis en voordra. Ek sal slaag daarin.

Hopelik sal ek dan weer snaaksighede kan kwytraak...