My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Wednesday, July 18, 2007

Daar gaan die een oog nou oop

In 'n poging om die meulsteen wat om my nek hang af te smyt, het ek besluit om in die diereryk rond te delf vir bevryding.

Hier is paar voëls wat ek gereeld op die gras voor my huis gewaar:

Die Frogmouth uil. Nooit op die gras nie, net in die boom langs die gras.


Die Ibis.


Die Rainbow Lorikeet.


Die Sulphur Crested Cockatoo.


Die King Parrot.


Ek het nie een van hierdie foto's self geneem nie...

6 Comments:

Anonymous Anonymous said...

Sien jy regtig al hierdie voEls in jou tuin? Hmmm. Ek is gelukkig as ek nou en dan 'n mossie sien (miskien omdat my balkon vol potplante 'n vrot verskoning vir 'n tuin is).

10:03 AM  
Blogger Lammervanger said...

Ja, dit is een van die dinge waaraan ek nooit gewoond sal raak hier in Australië nie. Die voëlryk lyk soos die eindresultaat van 'n massamuitery in 'n reusagtige troeteldierwinkel...

2:19 PM  
Anonymous Anonymous said...

Pragtige foto's. Post gerus nog. Die Paddabek Uil is skoon mooi van lelikgeit! Seker eie aan OZ?

NS: Bly ju skop nog!

9:34 PM  
Anonymous Anonymous said...

O ja, ek wou nog sE. Verskuif na Wordpress. Dit sal jou bloglewer baie goed doen.

11:24 PM  
Anonymous Anonymous said...

Het die een oog nou weer toegegaan?

:)

9:27 PM  
Anonymous Anonymous said...

Baie dankie vir jou foto's! Maar kan jy vir my se wat die uitdrukking "die een oog oop" beteken?

5:38 PM  

Post a Comment

<< Home