Lamsak

My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Thursday, March 22, 2007

Die Gesig van die Dood


Dit is die rede hoekom 'n mens nie vir 'n oulike hondjie moet uitswaai terwyl jy bestuur as hy (of sy) voor jou inhardloop nie.

Dit is hoe 'n echidna lyk. Ek het al een van hulle raakgeloop tydens 'n wandeling in die gopse. As hy (of sy) maar net geweet het aan watse moorddadigheid hy homself aan sou skuldig maak in die toekoms...


Friday, March 16, 2007

Metamorfose

Die laaste keer toe ek die woord metamorfose gebruik het, was toe ek die oorgang van ruspe na skoenlapper in 'n standerd twee wetenskapeksamen moes verduidelik.

In elkgeval, siende dat daar 'n haartema op Dorothy en Adam se blogsites heers en siende dat daar 'n matige hoeveelheid druk op my uitgeoefen was om my kop te ontbloot, plaas ek met graagte die volgende reeks kiekies.

Hier sien ons vir Lamsak in 'n ernstige luim met baie hare.


Hier is ons held meer ontspanne, steeds met baie hare.



Hier kan ons sien dat die silhouette wat sy kop teen die maanlig sal afets, daadwerklik anders lyk.


Die moeilikste deel van hierdie oefening was om foto's van myself te neem.

Wednesday, March 14, 2007

Duzi

In 'n poging om my tempel in stand te hou, het ek en daai ander maatjie wat ook 'n maatjie van Carien is, Sondag 11km in 'n kajak kaf gedraf. Ons het die gebeurtenis in 1.5 uur afgelê en 14de in ons afdeling (gemeng; dubbel; ten minste een heiden; geen velskoene) geëindig.

Die resies het begin oorkant die Operahuis




en het geëindig by Manly se ferrie terminaal.


En toe maak ons dit nog tot op die amptelike foto wat op die gebeurtenis se website verskyn. Die wat my ken behoort my op die foto te kan sien...


Tuesday, March 06, 2007

Die Bliksems

Hier is vir julle 'n paar aksiefoto's uit nou die aand se weerligskouspel in Sydney. Dis omdat die mense so baie laster dat dit so gaan.