My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Thursday, August 09, 2007

Net-Net



Magtag daar het die oog weer toegegaan! Dit is soos om iewers op jou eie in 'n ysige afgeleë plek te lê en sneuwel. Hulle sê mos jy raak aan die slaap...en dan word jy nooit weer wakker nie...

Ek het eenkeer 'n ware-verhaal-film-ding gekyk oor 'n rotsklimmer wat sy pel moes lossny wat van hom afgehang het oor die rand van 'n gletser. Die losgesnyde ou het die val oorleef en moes met gebreekte bene en ontwrigte skouers teen die berg afkruip met Boney M se Brown Girl in the Ring wat in sy ore suis soos die dood nader kom... Hy het besef dat hy gaan oorleef toe hy stront ruik en agterkom dat dit nie 'n hallusinasie is nie, maar wel sy maat wat hom losgesny het se uitskeidingsplek net buite sy kampplek...


12 Comments:

Anonymous Anonymous said...

Beste opsomming wat ek nog gelees het van Touching the Void. Doen nog.

Rocky : Bokser wat soos Corne Krige lyk slaan bees karkasse om te oefen voor hy teen die wêreldkampioen veg. Hy verloor, maar kry die lelike girl wat in die petshop werk as tweede prys.

3:49 PM  
Anonymous Anonymous said...

Het hy sy pel losgesny om homself te red? Ek verstaan nie.

10:14 PM  
Blogger Lammervanger said...

Ja hy moes sy pel lossny. Hy het vir ure lank gelê met sy pel wat oor die rand van die gletser hang en nie antwoord nie... Sy pel het hom nie verkwalik nie, maar die rotsklimgemeenskap het wel.

9:20 AM  
Anonymous Anonymous said...

Ek het ook al 'n soortgelyke dokumentêre program gesien. Dalk was dit dieselfde een.

Die lewe sou darem leeg gewees het sonder Boney M.

7:44 PM  
Blogger maeree said...

lammiiiieeeee!!!!
*maeree storm op lammervanger af en druk hom dat sy oë pop*
net toe ek moed opgegee het, kom jy terug! en dan's daar nog ongelowige mense.

5:37 PM  
Anonymous Anonymous said...

speel jy blog-teasers? wys net so nou en dan 'n bietjie been en dan verdwyn jy weer.

5:18 PM  
Blogger maeree said...

o.
vals alarm.
)-':

10:37 PM  
Blogger Freddy said...

Jou blog het TB. Dan's hy gesond, dan nie. (Nie dat ek veel kan praat nie)

12:27 AM  
Anonymous Anonymous said...

C'mon, Lam! Oop met die oë!

Laat ons ten minste weet of daar iets of iemand anders is wat jou aandag aftrek.

En ons soek foto's.

8:59 PM  
Anonymous Anonymous said...

Me like.... so dont do the disappearing thingy again! :-P

10:03 PM  
Anonymous Anonymous said...

Wattter soort trouring gee 'n Australier vir sy skaap ?



'n paar gumboots


Jy moet se as ek jou 'n paar kan aanstuur ...

2:15 PM  
Anonymous Anonymous said...

Hoe lank nog voor jy weer post huh?

9:43 PM  

Post a Comment

<< Home