My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Friday, October 13, 2006

Ek, as Entiteit, in en om die Wêreld

In Iran is daar 'n stad met die naam Lamsak. Dit moet oombliklik deel word van julle algemene kennis. Niemand is seker hoeveel Lamsakkers in Lamsak woon nie, maar dit is nie belangrik nie. Dit is 'n stad. Hulle eet lamme wat in sakke gekook word en baie van die mense is lam en hou dus hulle karige besittings in sakke.



Ek het hierdie week my eerste poging as eksterne, onverbonde eksaminator van 'n Magistertesis onderneem. Die tesis was puik en van hoogstaande gehalte. Danksy my punt gaan die kandidaad sy graad cum laude verwerf. Ek weet hoe gelukkig dit hom sal maak.

7 Comments:

Blogger Do Kwang said...

Daar is ook in Iran 'n stad genaamd Shiraz. Dit is waar die wynsoort uitgevind is.

7:20 PM  
Blogger Voetstoots van Tonder said...

en in Frankryk is daar natuurlik 'n dorpie genaamd Condom

9:26 PM  
Blogger Lammervanger said...

Daar is natuurlik ook 'n nederige gehuggie met die naam Pniel tussen Stellenbosch en Franschhoek. Rugbyspanne van Stellenbosch gaan speel gereeld teen Pniel in Pniel. So die grappie was altyd: Teen wie speel 'n netbalspan wat daar gaan toer? Kan dit Pnoes wees?

8:23 AM  
Blogger Marissa said...

Bestaan die plek Fokolfontein regtig?

9:01 PM  
Anonymous Anonymous said...

Nog n paar plekname wat ek amuserend vind:

PUKE: n groot stad in Albania
WINDPASSING: dorpie in Oostenryk
PETTING: dorpie in Bavaria, Duitsland
SHITTERTON: n Hamlet in Dorset

Maar ek dink fokolfontein is nog die beste

Groete
Klagat

4:24 AM  
Blogger Lammervanger said...

Die Nederlanders geniet ook die Aftrekplek-padtekens in SA (al het ek nog nooit een gesien nie), aangesien aftrek 'n metafoor vir masturbasie is daar in die land wat benede seevlak lê.

8:37 AM  
Blogger Lammervanger said...

This comment has been removed by a blog administrator.

8:37 AM  

Post a Comment

<< Home