My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Tuesday, October 24, 2006

Koue Sweet

Ek het besluit om vyf dinge te lys waarvoor ek bang is. Dit volg na aanleiding van 'n paar lyste van "20 dinge oor jouself" wat ek bespied het en wat te veel moeite is.

1) Spinnekoppe groter as 'n ou 50-sent stuk. Ek is nie bang vir slange, leeus in paartyd, vlermuise, goggas of ander gevaarlike dinge nie, maar wel spinnekoppe wat groter is as daai ou muntstuk. Iets van die grootte dien as snellermeganisme wat 'n chemiese wanbalans in my brein laat afskop. Die chemiese wanbalans sluit ook die deel van my brein in wat my liggaamsfunksies soos ontlasting beheer.
2) Spinnekoppe kleiner as 'n ou 50-sent stuk. 'n Kunsgreep wat my brein op my toepas.
3) Dryfsand. Net soos in die Lone Ranger. As die dryfsand tot by jou knieë kom kan jy al klaar nie meer uitkom nie (behalwe as daar 'n Rooihuid en 'n perd naby is) en dan het jy 'n goeie 40 minute om te dink hoe dit voel om in nat sand te verdrink.
4) Vulkane. Soos in Pompeii. Niks kan lawa stuit nie. En as jou voete eers net onder jou enkels afgebrand is, sukkel mens om vinnig te hardloop.
5) Paper cut op my oogbal. Kan moontlik kontaklens in-en-uithaal belemmer.

8 Comments:

Blogger Do Kwang said...

As ek dit reg het, was die Rooihuid wat 'n perd onsuksesvol uit dryfsand probeer sleep het in Neverending Story.

3:02 AM  
Blogger Marissa said...

Verduidelik gou vir ons in vyf stappe hoe jy moontlik 'n paper cut op jou oogbal kan opdoen.

3:03 AM  
Blogger Lammervanger said...

Kwang - Die Rooihuid en die perd is daar om jou te help. Nie mekaar nie.
Marissa - 1) Lus pak jou beet om novelle te skryf, 2) Lus pak jou beet om dit op die ou manier te doen, 3) Gaan koop veerpen, ink en bundel papiere, 4) Ontbundel bundel papiere 5) soos die noodlot dit wou bestem, waai 'n rukwindpuls deur die kamer en oor die lessenaar en lig 'n papiervel op wat se eerste punt van kontak my kornea is.

So maklik as dit...

4:10 PM  
Blogger Christine said...

Rebound se nuwe bynaam kan Random wees.

En op trug te kom na die topic, ek's bang vir niks, behalwe gestoofde perskes.

7:18 PM  
Blogger maeree said...

ek droom gisteraand van duisende spinnekoppe wat 'n klomp jong mans in 'n dormitory wil eet. ek staan buite die deur en skree om hulle te waarsku. een het 'n klein hondjie, roep dat ek net asb die hondjie moet red en gooi die hondjie vir my. daar verdwyn al die spinnekoppe. was hulle eintlik agter die hondjie aan? volgende oomblik skeur die grond oop en kom daar 'n klomp vrouens te voorskyn. hulle het almal sulke glasige oë - die spinnekoppe het hulle gebyt en onder die grond ge-incubate of iets. nou gaan hulle met al die mans paar, dan't die spinnekoppe almal oorgeneem... gelukkig word ek toe wakker.
ek is regtig bang vir spinnekoppe.
en ek kan 'n fortuin maak as ek flieks maak van my drome.

8:41 PM  
Blogger Lammervanger said...

Daar is hulp beskikbaar vir mense soos jy...

Voor een van my chemie eksamens het ek eenkeer gedroom dat ek vasgekeer is in 'n kamer en dat die enigste deur versper word deur 'n bobbejaanspinnekopnes.

7:24 AM  
Blogger dorothy said...

holy hell maeree.
my fears (qithout extrapolation)
1. tornados
2. sharks (and putting my head under water)
3. people who show off their photoalbums on the firts meeting
4. worms
5. mountain ledges

2:50 PM  
Anonymous Anonymous said...

moet controleren:)

4:40 AM  

Post a Comment

<< Home