My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Friday, March 16, 2007

Metamorfose

Die laaste keer toe ek die woord metamorfose gebruik het, was toe ek die oorgang van ruspe na skoenlapper in 'n standerd twee wetenskapeksamen moes verduidelik.

In elkgeval, siende dat daar 'n haartema op Dorothy en Adam se blogsites heers en siende dat daar 'n matige hoeveelheid druk op my uitgeoefen was om my kop te ontbloot, plaas ek met graagte die volgende reeks kiekies.

Hier sien ons vir Lamsak in 'n ernstige luim met baie hare.


Hier is ons held meer ontspanne, steeds met baie hare.



Hier kan ons sien dat die silhouette wat sy kop teen die maanlig sal afets, daadwerklik anders lyk.


Die moeilikste deel van hierdie oefening was om foto's van myself te neem.

19 Comments:

Anonymous Anonymous said...

PZ sal dink hy het nog 'n invloed op jou hier uit SA. Ek like dit, maar nou kan die Ausie girls nie meer hulle vingers in jou lamlokke verstrengel laat raak nie.

3:32 PM  
Blogger dorothy said...

WOW. you're seriously hot minus the hair! thanks for posting the pics lam - don't feel so alone in exposing my face now - even adam blotted out his face

4:12 PM  
Anonymous Anonymous said...

Jy het seker 'n sak vol geld gemaak met die wolprys wat nou so hoog is.

4:14 PM  
Anonymous Anonymous said...

Nou gaan dit weird voel om jou posts te lees omdat ek weet hoe jy lyk... Jy't mooi oë

4:28 PM  
Blogger maeree said...

ek kan nie help om op te let dat jy nog steeds al jou klere aan het nie.
*sug*

5:15 PM  
Blogger Adam said...

Mmm... Ek stem ook vir die minder hare. Wat my die meeste impress het is die bravade om jou gesig te ontbloot (sorry Dorothy)...!

6:18 PM  
Blogger Freddy said...

Wat my opgeval het, is dat die emosionele stand van die held sonder die hare min of meer halfpad is tussen die van die eerste twee foto's.

5:38 PM  
Anonymous Anonymous said...

Van wanneer af het jy so 'n ferm kakebeen - amper soos Mel Gibson in Braveheart, met gepaardgaande suggesties van 'n onwrikbare inbors?

6:53 PM  
Blogger Voetstoots van Tonder said...

is dit die nuwe Delila in Simson se lewe wat hom ondergekry het?

7:35 AM  
Blogger Lammervanger said...

Dorothy - thanks for the compliment. I thought it would be good to show some solidarity after you showed some balls...
Dick - ja die mark is nou versadig en die wolboere sukkel weer.
Anja - ten minste kan jy nou weet dat ek normaal lyk al maak ek abnormale comments...of so dink ek in elkgeval.
Maeree - dit was BAIE naby gewees.
Adam - ja ek plaas nie gewoonlik foto's van myself nie. Inteendeel, ek doen dit nooit nie. Maar as Dorothy dit kan doen kan ek dit doen.
Freddy - dis omdat ons held sy nuwe doel in die lewe bepeins.
Johannes - ek weet nie. Miskien is ek besig om in die Olifantman te verander.
Voetstoots - EK wou die Simsongrap gemaak het man!! Nee daar is nie 'n Delila wat my oortuig het nie. Ek sny my hare so vier keer per jaar en hierdie is maar net die eerste kapsessie omdat die lokke te lank geraak het.

8:17 AM  
Anonymous Anonymous said...

Ai, so jy't regtig nie 'n baard en 'n keilhoed nie.

3:07 PM  
Blogger Lammervanger said...

Dit lê seker nog daar agter in my klerekas iewers. 'n Mens weet nooit wanneer daar 'n party is met 'n Voortrekkertema nie.

3:15 PM  
Anonymous Anonymous said...

Jaco, aangesien jy een van my oudste vriende is (byna 20 jaar) kan ek die volgende maar vir jou se^ sonder dat jy die verkeerde idee gaan kry: Ek dink eerlikwaar jy is meer aantreklik as die Olifantman.

10:06 PM  
Blogger maeree said...

moet dit my laat beter voel??

9:46 PM  
Blogger Margie said...

Oulike bakkies. Ek is pro-gesigwys, al wys ek nou nie juis myne nie... tensy jy op my Flickr account gaan, that is. :) ANYway...

11:29 PM  
Blogger Lammervanger said...

Maeree - ek verstaan jou teleurstelling. Ek sal eendag as ek dronk aan die blog is, stuitighede plaas.
Margie - vertel vir my meer van jou Flickr account.
Johannes - ek is ook bly dat ek beter lyk as die Olifantman, en ons ken mekaar al langer as 20 jaar dink ek.

9:45 AM  
Blogger Christine said...

Ek sal nooit my hare kan afskeer nie. Ek het te veel littekens op my kop.

9:27 PM  
Blogger arcadia said...

whoohoo!

10:32 AM  
Anonymous Anonymous said...

sjarmant en jou oe sal meisies verlei.

4:17 PM  

Post a Comment

<< Home