My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Wednesday, March 14, 2007

Duzi

In 'n poging om my tempel in stand te hou, het ek en daai ander maatjie wat ook 'n maatjie van Carien is, Sondag 11km in 'n kajak kaf gedraf. Ons het die gebeurtenis in 1.5 uur afgelê en 14de in ons afdeling (gemeng; dubbel; ten minste een heiden; geen velskoene) geëindig.

Die resies het begin oorkant die Operahuis




en het geëindig by Manly se ferrie terminaal.


En toe maak ons dit nog tot op die amptelike foto wat op die gebeurtenis se website verskyn. Die wat my ken behoort my op die foto te kan sien...


11 Comments:

Anonymous Anonymous said...

Belaglike haarstyl! Sny jou hare man.

2:18 PM  
Blogger Freddy said...

Regtig 14de sonder vellies?!

2:52 PM  
Blogger Lammervanger said...

Regtig

2:56 PM  
Blogger Voetstoots van Tonder said...

jou liggaam is nie 'n tempel nie, dis 'n speelpark

8:52 PM  
Anonymous Anonymous said...

maaitjie is 'n snaakse (amper simpel) woord... no offense.

10:01 PM  
Anonymous Anonymous said...

Tikfout... het bedoel "maatjie"

10:03 PM  
Anonymous Anonymous said...

Sjoe, dit lyk baie nice. Ons sal maar eendag by jou moet kom kuier, maatjie

11:26 PM  
Blogger dorothy said...

why no pic yet lam?

11:58 PM  
Blogger Freddy said...

Bwahahaha @ voetstoots

Klink byna na 'n werkbare preektema

12:28 AM  
Blogger Lammervanger said...

Dick - die chicks dig dit.
Voetstoots - altyd tyd vir 'n grappie. Ek wou self nou 'n wipplankgrappie (een woord Johannes) in pappa se speelpark gemaak het, maar ek is nie van nature so vieslik nie.
Anonymous - Spel sommer offence ook reg.
Dorothy - pics will be posted as soon as the event eventually eventuates...which will probably be today.

6:54 AM  
Anonymous Anonymous said...

Hiehiehie. Een heiden, een sonneblom. Moenie vir die Zuit luister nie.

11:01 PM  

Post a Comment

<< Home