My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Friday, April 21, 2006

Die Gedrog van Ewige Verminking en Spontane Ontlasting

Aangesien honde gereeld op ander blogs (lees weereens Saligerus) hul verskyning maak, het ek besluit om my 5 sent ook in die spaarbussie in te forseer.

Ag kyk net hoe mooi lyk oubaas se honne!

Die Noord-Amerikaanse Indiane verwys na hierdie tipe honde as "Die Leeu wat baie aan Hond Herinner", of "Die Een wat nie sukkel om Ledemate te verwyder nie".

As ek ooit 'n uitnodiging vir 'n lekker aandete by hierdie huis ontvang, sal ek aandring dat my kos deur my motorruit aangegee word en mense kan my op my selfoon bel as hulle vir gesels. Verder sal ek lekker luister na die kuberplatejoggie op Radio 2000.

(Ek ken nie die meisie nie so ek moes haar identiteit beskerm)

3 Comments:

Blogger Do Kwang said...

Ek het toe die afgelope naweek daardie infame stuk geweldpornografie Hostel gaan kyk. Fantasties! Ek kan nou aan niks anders dink nie en fantaseer daaroor om anonieme sakemanne in die openbare toilette op die stasie in 'n toiletbak te versuip.

8:23 PM  
Blogger Lammervanger said...

Het jy gehou van die toneel waar die held die Oosterse meisie red terwyl die Amerikaanse sadis haar oog aan die uitsweis is, maar voor hulle kan begin weghardloop moet hy eers die vleislel wat my haar oogkas uithang met 'n skêr afsny...
Belaglik!!!

6:49 AM  
Blogger Do Kwang said...

Ja, maar ek het meeste gehou van die stuk waar hulle met 'n Black n Decker boor 'n gat in die een ou se bobeen dril en as hulle die dril uithaal is daar nog stukkies nat vleis aan die punt vas.

3:39 PM  

Post a Comment

<< Home