My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Wednesday, April 12, 2006

Paasnaweek Pret

Voor ek begin wil ek eers my hoed afhaal vir my mede-bloggers (lees Saligerus) in die kuberruimte wat so 'n navolgingswaardige voorbeeld stel deur die gereelde instandhouding van hulle eie blogs. Ek blog beswaarlik al 'n maand lank en ek voel klaar skuldig omdat ek my ondersteuners (skynbaar) so afskeep.
Raait - Gelukkige Paasfees!


Hierdie prentjie is glad nie veronderstel om spottenderwys (bestaan daar so 'n woord?) ervaar te word nie...maar dit is baie snaaks.

Ek slaan Vrydagoggend dou voor dag die Grootpad af na die Suidkus van New South Wales. 'n Plek genaamd Mollymook so 3-4 ure suid van Sydney. Daar gaan ons lekker op die strand baljaar, duik, snorkel, visbraai, potjie maak, malvapaaseiers wegsteek en wilde bessies & heuning soek. Die gholf waansinniges onder my ondersteuners sal ook trots wees om te hoor dat ek nou die dag 'n 245m dryfhou geslaan het. So die Mollymook gholfbaan gaan ook aangedurf word.


Ry asseblief veilig waar julle ookal heen verkas!



4 Comments:

Blogger maeree said...

Ek ken jou nie, maar ek hou van al výf posts.

2:24 AM  
Blogger Lammervanger said...

Baie dankie vir die pluimpie! Ek hoop Swede het vir jou 'n aangename Paasfees voorberei...

8:32 AM  
Blogger Do Kwang said...

Ek ken jou, maar ek like ook jou posts. Lees Dot hierdie blog?

8:53 PM  
Blogger Lammervanger said...

Nee Dot lees nie hierdie blog nie, maar dankie vir jou kompliment.

10:32 AM  

Post a Comment

<< Home