My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Thursday, May 17, 2007

Wie's daar?

Die redes hoekom die stank van die dood oor hierdie blogsite hang, kan as volg saamgevat word:

1) Ek moes die North East Biofuels Organization van Victoria vertel hoe goed hernubare brandstof vir die omgewing en die ekonomie kan wees. Ek het geslaag daarin.
2) Ek moes 15 CEOs wat besighede bedryf in 'n ontwikkelingsaanleg waar ons wil ontwikkel, oortuig dat ons beoogde aanleg geen skade aan hulle, die omgewing of enige ander tasbare dinge sal aanrig nie. Ek het geslaag daarin.
3) Ek moet môre die biodiesel bedryf in die wêreld en Australië aan die Departement Chemiese Ingenieurswese opsom, verduidelik, uitpluis en voordra. Ek sal slaag daarin.

Hopelik sal ek dan weer snaaksighede kan kwytraak...

15 Comments:

Anonymous Anonymous said...

En al die tyd dink ek dat jy besef het jou blog is pienk, jou naam verander en ander weivelde gaan soek het.

Good luck vir mOre!

10:00 AM  
Blogger Lammervanger said...

Nooit as te nimmer nie...

10:11 AM  
Blogger dorothy said...

you are superman!

3:26 PM  
Blogger maeree said...

verskonings verskonings

5:09 PM  
Anonymous Anonymous said...

hehehe

gaan jy my glo as ek sê dat Metallica se Fuel gespeel het terwyl ek dit gelees het? ;)

6:33 PM  
Blogger Christine said...

Hectic. My grootste uitdaging is om voor 10-uur by die werk te kom.

8:27 PM  
Anonymous Anonymous said...

ons wag in spanning.

9:09 PM  
Anonymous Anonymous said...

Loop met hom doktor! So wat jy vir ons wil sê is dat boere die nuwe olie-sjeiks gaan wees?

9:32 PM  
Blogger Freddy said...

WELKOM TRUG!!

Vat vlam!

Skote petoors!

Brandstof tot nadenke.

3:15 AM  
Blogger Voetstoots van Tonder said...

laat my dink aan die Hagar-grappie waar hy terugkom van 'n toer vol veldslae

waar was jy die hele tyd, vra Helga, in die maand wat jy weg was het ek die huis skoongemaak, klere gewas, vrugte ingemaak, blommetjies geplant, ens ens ens ens - en JY?

nee ek was nie so besig nie, antwoord Hagar, ek het maar net Europa gaan verower

(en nou verower die Lammervanger Australie...)

4:53 PM  
Anonymous Anonymous said...

Wou sê ek ruik iets...

9:58 PM  
Anonymous Anonymous said...

Hang in there...

6:57 AM  
Anonymous Anonymous said...

Dalk sal dit help as jy weer ietsie oor 'n reptiel of iets skryf.
Koningkobra?

6:31 PM  
Blogger arcadia said...

hey hey! waar's jy?

1:08 PM  
Blogger idiwidi said...

Jou teenwoordigheid op my blogroll is in die weegskaal - die stank versprei. Blogosmose.

"Click on New Post to keep this account activated."

10:18 PM  

Post a Comment

<< Home