My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Monday, February 12, 2007

Sê gou ietsie vir ons

Ek swerf gereeld rond in die blog-arena en sien dat mense diep dinge kwytraak wat bepeins en bespreek word, terwyl ek my blog meestal volgestop hou met cartoons waarop niemand kommentaar lewer nie, allerlei ligsinnighede, snaaksighede uit die natuur uit, gal braak oor die misdaadsituasie in Suid-Afrika en grusame verhale oor parasiete in die menslike liggaam. (Al hierdie inskrywings geskied wel met 'n tasbare onderliggende intelligensie). So, in 'n poging om my lesers te oortuig dat ek slim is, en na aanleiding van 'n gesprek wat ek die naweek gehad het, moet ons nou ernstig raak. Die volgende vraagstukke moet bepeins word:

Vraag 1: Is kwytraak een woord of twee?

Vraag 2: Kan 'n ateïs teologie gaan swot en 'n goeie dominee word?

My antwoord op Vraag 2 (my antwoord op Vraag 1 moet voor die hand liggend wees) is dat dit wel moontlik is. Heel moontlik om die waarheid te sê. Ek dink dat enige persoon teologie kan gaan studeer en dit sien as 'n interessante kursus met 'n geskiedenis/filosofie tema en al die eksamens sal kan deurkom. Ek dink ook dit sal moontlik wees om met oortuiging te preek en praat oor iets waarin jy nie glo nie. Ek probeer nie sinies wees oor predikante nie, ek wonder regtig net of dit moontlik sal kan wees. Ek weet van my lesers is erkende teoloë en kenners van die teologie en sielkunde en filosofie. Ek sal julle insae waardeer.

22 Comments:

Blogger Freddy said...

Lammie

Ek geniet cartoons en allerhande kwytraakhede, alhoewel ek dink (1) kwyt raak is 2 woorde?

(2) Ek dink dis heel moontlik, maar dit hang af van wat jy bedoel met "goeie dominee". As ek my gemeente se verwagtings vat, is dit eintlik verskriklik maklik vir 'n ateis om ds te wees: Jy se^ wat die mense graag wil hoor, maak of jy probeer om by almal uit te kom, "stir" nie, neem in die openbaar standpunt in teen allerhande goed en maak grappies oor De la Rey en Leeuloop.

In die pastorale spreekkamer hou jy persoonlike geloofsvrae eenvoudig van jou lyf af weg en bring die gesprek net terug na die persoon voor jou se behoeftes: Is sy/haar geloof funksioneel?

Ek sou nie so kon leef nie.

Miskien sou mens dieselfde vraag kon vra oor prokureurs: Is dit moontlik om 'n prokureur te word terwyl jy nie regtig omgee oor reg en geregtigheid nie?

As ek willens en wetens sonder integriteit wou leef, sou ek wel 'n meer gerespekteerde beroep gekies het as om predikant te wees in vandag se tye.

(Terloops, ek hou baie van Klink Soos n Movie... daai ou doen moeite om n punt te maak)

3:19 PM  
Blogger Lammervanger said...

Met goeie dominee bedoel ek wat jy nou net beskryf het. Wat die mense van die gemeente sal dink - soos die tannie in Lipstick/Dipstick wat van die dominee met sy onkreukbare karakter praat al sit hy daar met vroue-onderklere aan.

3:52 PM  
Anonymous Anonymous said...

Hoekom sou 'n ateïs (ï = ALT - 139) so 'n werk wil doen? Dis soos 'n passifis wat 'n soldaat word. Of 'n vegan wat 'n steakbraaikampioen word.

Daar is vir my 'n groot verskil tussen 'n gebroke sondaar wees (ons almal het maar iets van die lipstick dipstick dominee in ons) en 'n ateïs wees. As die vraag is of 'n sondaar 'n goeie dominee kan wees, dink ek die antwoord is juis dat dit nie kan anders nie.

4:24 PM  
Anonymous Anonymous said...

stem nie heeltemal saam met die Pienk Zuit nie - ek dink baie mense beoefen beroepe waarin hulle nie 100% glo nie - hoofsaaklik 'n funksie van (1) die kapitalistiese bestel wat mense lok na winsgewende posisies sonder "siel", asook (2) die feit dat die meeste van ons loopbaankeuses moet uitoefen op 'n tyd in ons lewe waar ons onsself nog hoegenaamd nie ken nie...

5:13 PM  
Anonymous Anonymous said...

Ek gee jou gelyk Voetstoots, meeste van my vriende wat bv. B.Rek. gaan swot het , het dit vir die geld gedoen, nie omdat hulle belang gestel het nie. Meestal met ongelukkige gevolge. Maar ek kan nie rerig dink aan voordele wat die beroep van predikant inhou wat 'n ateïs sal aantrek nie.

8:37 PM  
Anonymous Anonymous said...

Lam - wanneer kom jy weer SA toe?

8:47 PM  
Blogger Freddy said...

Net vir die rekord: Ek HET al vroue-onderklere gekoop, maar dit was nie vir my nie.

Tweedens: As ek geweet het wat ek nou weet, sou ek waarskynlik ook nie predikant geword het nie. Dit gaan egter oor iets anders as my geloofsoortuigings.

9:18 PM  
Blogger maeree said...

lammervanger, jou intelligensie is vir ons almal 'n bewys van evolusie.
soms is die deursnee publiek egter so onintelligent, dat dit moeilik is om te dink oor die kommentaar wat jy wil lewer (so wil ek bv nog een of ander tyd gaan kommentaar lewer op elke post op do kwang se blog).

dit is baie moontlik vir 'n ateïs om teologie te studeer - dis 'n wetenskap soos enige ander. ek vermoed dit sal effens moeiliker wees in suid afrika, aangesien ons teologiese fakulteite ook seminariums is, wat dominees kweek en daarom streng christelik bedryf word.

dis nie asof ek weet nie, maar persoonlik dink ek nie 'n ateïs sal 'n dominee kan wees nie. selfs al is hulle deel van die silent generation wat al hul persoonlike wroegings en standpunte vir hulleself hou. kan enigiemand dit oorleef om vir jare aaneen net te lieg? dit vreet jou van die binnekant af op.

freddy, ek dink die sad ding is dat 99% van alle dominees waarskynlik soos jy voel. die ander 1% het vooraf geweet, maar kon nie weghardloop vir die spreekwoordelike "hond van God" nie.

10:23 PM  
Blogger Lammervanger said...

Dick - mense doen soms vreemde goed om iets aan hulself of die wêreld te bewys. Die gebroke sondaar-voorbeeld was net daar om 'n punt te maak, dit was nie regtig van toepassing nie. Ek praat spesifiek van 'n ateïs. Wat ek wou oordra was dat iemand wat glad nie glo nie nog steeds die regte dinge (selfs persoonlike dinge oor sy eie lewe) kan kwyt raak om deur sy gemeente gelove te word en as die fakkeldraer gesien te word.

Voetstoots ek stem saam. As dit by die uitoefen van die belangrikste keuses in mens se lewe kom, is die lewe onregverdig verkeerd om.

Maeree - ek het nog nooit die woord seminarium in my omgang met AB Afrikaans gebruik nie. En dankie vir die kommentaar...

Freddy - moenie die uitwerking van 'n goeie (kan nie nou aan 'n beter woord dink nie) dominee op iemand se lewe onderskat nie. Jy is partykeer die enigste lig/hoop in baie mense se lewens.

Anoniem - ek is nie seker nie. Hopelik nie te lank meer nie.

6:14 AM  
Blogger maeree said...

nou laat jy my twyfel aan myself... is die meervoud nie dalk seminarii nie?

4:52 PM  
Anonymous Anonymous said...

Freddy - vir wie't jy vroue-onderklere gekoop? koop semi-normale mans regtig egtig vir (hulle) vrouens/meisies onderklere?

7:58 PM  
Anonymous Anonymous said...

Hello Lam!!! Jou blog is moer snaaks. lees dit gereeld hier teen die einde van die dag vir bietjie vermaak na 'n 'kapitalistiese' dag.

groete, Fris (die een van wiskunde 178)

12:53 AM  
Blogger Freddy said...

This comment has been removed by a blog administrator.

3:03 AM  
Blogger Freddy said...

Carien
Ek het vir my vrou onderklere gekoop. Dit HET GEPAS! (Wel, steeds). Anders as my kollega met sy vrou s'n, het ek nie my vrou s'n in die winkel aangepas nie. Wel, nerens nie.

3:04 AM  
Blogger Lammervanger said...

Jis Fris! Bly om te hoor dat ek vermaak kan verskaf aan die einde van 'n lang dag. Ek het nie meer jou email adres nie. Mail my by jjvos2(at)yahoo.com.au

6:10 AM  
Anonymous Anonymous said...

(1) Kwytraak is een woord. Ek was die hoofsub van Die Burger, so my woord is finaal.
(2) 'n Ateis kan 'n goeie dominee wees. En, belangrikste van alles: die lyn tussen 'n ateïs en 'n genuanseerde teoloog is nie naastenby so voor die hand liggend soos baie mense dink nie.

4:54 PM  
Anonymous Anonymous said...

Hier is nog 'n vraag vir die gehoor:

Kan mense verander? Byvoorbeeld: Kan 'n man/vrou met 'n los oog verander in 'n persoon wat jy kan vertrou in 'n verhouding?

10:41 PM  
Blogger Lammervanger said...

Ek het altyd geweet kwytraak is een woord.

Anoniem - party mense het maar net 'n los oog en ander het 'n los oog omdat hulle nog nie gekry het wat hulle soek nie.

6:15 AM  
Anonymous Anonymous said...

Daai Japanese chick in Hostel het 'n los oog gehad. Te los, as jy my vra.

5:10 PM  
Blogger Freddy said...

Is daar nie iewers 'n shebien in ons land wat vanuit 'n karavaan funksioneer nie? Gepraat van 'n los oog...

6:56 PM  
Anonymous Anonymous said...

Is jy hierdie persoon?
http://boerevryheid.co.za/forums/member.php?s=4fddf6f46ac1dcf6adda67b4e2706b61&u=57

1:49 AM  
Blogger Lammervanger said...

Freddy en Prof - twee baie snaakse bydraes. Een van my hoërskool pelle se pa's het 'n glasoog gehad - dit was ook los. Ek is nie die kampkommandant nie nee...

6:29 AM  

Post a Comment

<< Home