Die Ewige Vrees
Ek het nou die dag op ons stoep gestaan en staar na 'n stok-insek wat doodstil teen die muur gesit het. Ek het nog nooit een teen gesien 'n muur nie. Of teen 'n boekrak nie. Of op 'n tafeltennisblad nie. Of op die been wat oorbly as die familie 'n skaapboud opgeëet het nie.
Nadat ek die bogenoemde 50/50-oomblik ingeneem en verteer het, het ek vorentoe gekyk en gekyk hoe vissies jubelend uit die water spring en bleshoendermannetjies met mekaar baklei oor die enigste wyfie in die dammetjie wat nie ver van ons agterdeur af is nie. Ek was net te dankbaar vir woorde dat ek deel van hierdie skepping kon wees. Dis toe dat die alarm afgaan in my spinnekoprisikominimeringsbeheersentrum. 'n Telegram verskyn in my brein met die woorde "Kyk op". Ek kyk op. En daar sit die etter. Reg bokant my kop teen die deurkosyn. Die grootste Huntsman-spinnekop wat ek nog in Australië gesien het. Dis basies hulle weergawe van die reënspinnekop in Suid-Afrika.
Ewe skielik was die deur waardeur ek sekondes terug rustig gesuiker het met my middagkoffie in my een hand, versper deur 'n ondeurdringbare, vrees-geskepte newel van beton. Gelukkig het ek 'n geel belt in Judo en is ek dus vertroud met die Judo-vooroor-rol terwyl jou oog nooit van die vyand afgehaal word nie. Jy mors ook niks van jou koffie nie. Nadat ek die veiligheid van die huis bereik het, kon Doom die res doen...
Ek kry toe hierdie prentjie en kan aan niks ergers dink nie. Die enigste silwer randjie waaraan ek kan dink is dat ek reeds op die porseleinperd sal sit met my broek om my enkels en dus sal ek nie die skok en vrees hoef te probeer inhou nie.

10 Comments:
Ek hoop nie jy het hom doodgemaak nie.
Dit is nogal 'n lelike moer. Spinnekoppe freak my nie uit nie. Net groot spinnekoppe freak my uit.
Dôner!
As ek 'n spinnekop in die bad kry, spuit ek hom gewoonlik met warm water tot hy sneuwel.
Vir my straf, het daar 'n jaar of wat trug 'n vet tuinspinnekop binne in my kop gekruip en daar rondgeloop tot ek hom sewe en 'n half sekondes later (en nie 'n oomblik te gou nie) kon uitskud deur histeries rond te spring. Ek was weke daarna nog oortuig die ding het eiers in my kop gelê.
Maar Werner was meer getraumatiseerd as ek, omdat hy dit weer uit my kop sien loop het. Ek moet hulle nog terugkry.
Is daai ding giftig? Ek is oor die algemeen nie bang vir spinnekoppe nie, want ek het eenkeer iewers gelees eintlik, al is hulle giftig, is hulle byna skadeloos vir mense. Ek is net bang vir slange, wat nie heeltemal logies is nie, want hulle is ook maar redelik skadeloos vir mense. Ek het op Sutheland 'n moeilike tyd gehad toe ek daar gewoon het, want daar was baie spinnekoppe in die huis, klein (en groter) langbeenspinnekoppe, en dit het vir my so verkeerd gevoel om hulle te vermoor. Hulle hou tog ander goggas weg, soos vliee.
In my studentehuis (lees: oorgroeide, welige tuin) het ons baie spinnekoppe, en sommer 'n verskeidenheid, dikwels gekry. Ek het 'n gebreekte gholfstok aan 'n roomysbak vasgemaak en hulle gevang. Dan ver, ver weg in iemand anders se tuin gaan uitgooi.
ag nee sies man.
ek háát spinnekoppe - deel jou fobie. kan heeltemal identifiseer (hoewel ek geen judo ken nie). my nagmerries gaan altyd oor spinnekoppe - al my vrese manifesteer as spinnekoppe (hoe's daai vir 'n case study, adam?)
wat is daai spinnekoppe wat graag in mens se skaduwee wil staan en daarom lyk asof hulle jou jaag? romanspinnekoppe? ek ken 'n tannie wat eendag op die toilet gesit het, tradisionele panty en sykouse tussen die bene. toe sy afkyk, sien sy hierdie massiewe spinnekop wat rustig op haar panty sit. sy het die hele besigheid heel kalm toegevou en sitkamer toe gewaggel, waar manlief besig was om nuus te kyk. en so bly staan tot die nuus klaar was, aangesien manlief geweier het om te help terwyl hy nuus kyk.
Carien - hy moes ongelukkig die tydelike met die ewige verwissel. Maar dit was vir my seerder as wat dit vir hom was.
Adam - die grootte van die spinnekop is wat my fobie laat inskop. Langbeenspinnekoppe en dies meer maak my nie bang nie. Niks maak my bang nie.
Christene - dis daai tipe voorvalle wat onherstelbare skade in my onderbewussyn sal aanrig.
Maeree - toe ek nog klein was het ek gehoor hoe my pa 'n storie vertel vir die ander grootmense. Dit het gegaan oor 'n ou wat op die toilet gesit het en 'n veertjie tussen sy bene gesien het. Hy trek toe die veertjie sodat hy daarna kan kyk, net om agter te kom dat dit die been van 'n bobbejaanspinnekop is. Tot vandag toe kyk ek nog onder die toiletsitplek voor ek stelling inneem.
Rondloper - hulle is nie giftig nie, maar kan baie seer byt.
Is Supergirl bang vir spinnekoppe? :-) Toemaar, Hulk ook!
Margie - bang?! BANG?! Hulle maak my net onseker van myself...
Post a Comment
<< Home