My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Sunday, December 17, 2006

Verskoning

Ek smeek om vergifnis nadat ek die volgende reekse vergeet het, al is hulle skreeusnaaks...


ALF

The Office


En sommer Extras ook

8 Comments:

Blogger Lammervanger said...

Klagat - ek kon nie my oë glo toe ek gister my TV op 'n lukrake kanaal sit en daar, wragtag waar, is Fools and Horses. Ek hou nie van daai tipe Britse humor nie. Ek haat die setting - die depressing muurpapier en porselein en dies meer. Dis hoekom ek seker sukkel met Monty Python en Fawlty/Faulty Towers en alles daai genre vorm...The Office was nog altyd vir my 'n aangename uitsondering en die ou het dit reggekry om dieselfde humor oor te dra na Extras toe. Dink net watse vervelige plek die aardbol sou gewees het as almal van dieselfde goed gehou het. Daar sou nie modeparades of verskillende tipes sop op winkelrakke gewees het nie.

10:11 AM  
Anonymous Anonymous said...

Lammervanger

Spesiaal gereel met die BBC dat hul dit vir jou uitsaai!! Ek vrek oor daai spulletjie, so 80tiger jare met die Filofax en groot selfone!!

Ek gaan deur n fase nou waar ek al daardie 80tiger reekse weer en weer kyk. Weet nie hoekom nie,..Magnum PI, Buck Rogers, A team, Quincy, The Rockford Files, Dallas,Murder she wrote,Faulty towers, The good life, Open all hours, the two Ronnies,......

Stem saam dit is goed dat smaak verskil.

En daar vat Aus die Ashes!!

Groete
Klagat

4:52 PM  
Blogger Do Kwang said...

Ek hou ook nie van daai Britse komedies wat bestaan uit 'n klomp mense wat rondval en gesigtrek en dink hulle is snaaks net omdat hulle vir mekaar verspot is nie. Te hel met Britse sogenaamde humor, se^ ek. Te hel daarmee.

7:08 PM  
Blogger Lammervanger said...

JA! En moenie vergeet dat hulle ons vrouens en kinders doodgemaak het nie.

8:08 PM  
Blogger Lammervanger said...

Klagat - die Engelse verdien 'n 5-0 loesing na hulle patetiese vertoning in die tweede toets. Nie dat ek noodwendig wil hê dat Oz sportsoorte moet wen nie. Ek bevind myself altyd in 'n penarie as Engeland teen Oz meeding in enige iets. Ek haat (haat hierso gesien in die konteks van die sportveld) hulle albei - in rugby gaan ek maar vir die Noord vs Suid ding...

Die ander ding wat ek vergeet het om te noem was dat ALF een die min programme was waarvan die Afrikaanse klankbaan snaakser was as die Engelse klankbaan op Radio 2000. Ek onthou nog hoe ALF-hulle se buurman dood is in hulle agterplaas en hoe ALF hom in ingelegte perskes gebalsem het.

10:32 AM  
Blogger Lammervanger said...

Pharlapping - sien my gesprek met Klagat. Ek geniet nie daai tipe Britse humor nie...Monty kan ek in klein dosisse hanteer, dis omtrent dit. Selfs Mr Bean werk nie heeltemaal vir my nie. Ek wil jou nie teleurstel nie, daarom gaan ek binnekort 'n Black Adder DVD uitneem en hom 'n vierde kans gee...

4:26 PM  
Anonymous Anonymous said...

Lammervanger

Die krieket is maar n teer saak hier op die eiland tussen die Britte.

Het die storie nie eintlik gevolg nie.

Mens moet darem die Aussies krediet gee: die wereld van sport sou maar vervelig gewees het sonder hul.

Deesdae drink ek al hoe meer Aus wyn en moet ek se^ goeie waarde vir geld.

Groete en mooi kersfees
Klagat

5:48 PM  
Blogger Lammervanger said...

Klagat jy is reg (oor hulle bydrae tot sport en wyn). Die Ozze verstaan al lankal dat 'n goeie rooiwyn nie noodwendig een is wat 'n dekade in jou wynkelder hoef te spandeer nie. Hulle maak baie skaflike rooiwyne wat onmiddelik gedrink kan word...

Ek hoop die Feestyd hou goeie dinge vir jou in...

8:42 PM  

Post a Comment

<< Home