My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Thursday, December 14, 2006

Nog Slegte Nuus



Die pa in Everybody Loves Raymond, Peter Boyle, is gister oorlede. Hy was snaaks, maar die ouer broer is die snaaksste. Die Raymond karakter irriteer my geweldig.

My gunsteling sitcoms sluit in

Third Rock from the Sun

Scrubs

Frasier

en laaste, maar nie die minste

Seinfeld

16 Comments:

Blogger dorothy said...

love all of those except raymond (ironically enough. have never watched it...and ditto seinfeld [i think i watched one episode years ago])

7:16 PM  
Blogger Do Kwang said...

Wat van Alf? Alf was die beste sitcom ooit.

8:39 PM  
Blogger Minter said...

Ek het slegs twee woorde ...

Al Bundi !

(Ja, so die show was effe lig in die broek, maar daai ou het sy karakter so goed gespeel dat hy homself totaal uit enige ander moontlike TV of film rolle uitgespeel het.)

9:46 PM  
Blogger Lammervanger said...

Kwang jy is reg - ALF was die beste!

10:15 PM  
Blogger Lammervanger said...

Maeree - ek probeer nou al vir vier dae lank op jou site comments lewer, maar f%kken blogger dwing my om onnodige swetse kwyt te raak. Ek weet nie wat dit is nie en ek het soveel skerpighede om daar by jou neer te pen.

10:19 PM  
Anonymous Anonymous said...

Haai jul het vergeet van Fools and Horses met Delboy!

Klagat

1:36 AM  
Blogger Do Kwang said...

Ek het vroeger vandag ook vir Maeree gemail, want ek het dieselfde probleem, ek kan nie meer op haar blog comment nie. Blogger weier my password. Sy moet 'n plan maak.
Verder: Wie DF is Fools and Horses van Delboy?

1:38 AM  
Anonymous Anonymous said...

Do Kwang

Trek jy nou my been of weet jy regtig nie wie Delboy is nie??

klagat

3:21 AM  
Blogger Lammervanger said...

Ek het in my lewe nog nie van Fools and Horses gehoor nie.

4:36 AM  
Anonymous Anonymous said...

Nou al wat ek vir Kwang en Lammervanger kan se^ is dat dit n bloody shame is dat julle nie vir Delboy en Rodney Trotter van Peckham in jul lewens het nie.

So as julle ooit eendag in die Kultuurstad van die we^reld vir 2008 kom, maak n afspraak en ons kyk die hele reeks op DVD.

PS kultuurstad sal Liverpool wees vir ingeval julle nog nie daarvan gehoor het nie.

Oh maar die sarkasme drup van my af vanoggend, jammer

Mooi loop
Klagat

5:28 PM  
Anonymous Anonymous said...

That 70s Show!

5:46 PM  
Blogger maeree said...

ditto op frasier
toe ek jonk was en snags skelm laat opgebly het, het ek graag night court gekyk.

klagat: ek het dit reeds gesê, ek sê dit weer - step away from the island!

lammervanger, kwang - ek het 'n noodplan ontwerp. gebruik dit, magtag.

6:17 PM  
Blogger Do Kwang said...

Ek vind alle Britse sitcoms ondraaglik vervelig. Dis net piesangskil en paai in die gesig tipe spektakelhumor. (Met die moontlike uitsondering van Absolutely Fabulous.) Ek gaan dus nie Fools and Horses kyk nie.

7:24 PM  
Blogger dorothy said...

hey maeree - ditto, i can't place somments either, but also don't know your email address?
it's the thought that counts at least hey?

7:28 PM  
Blogger Lammervanger said...

Pharlapping jy is reg - The Office is my gunsteling sitcom van alle tye. Die Amerikaanse weergawe is 'n joke as mens die oorspronklike reeks geken het. Het jy al sy ander reeks Extras gekyk? Net so goed. Ek voel nou nog sleg dat ek van ALF ook vergeet het.
Carien - die 70s show kan maar 'n eervolle vermelding kry...

11:54 AM  
Blogger nico said...

Ek het altyd gedink The Office was die beste. Dit was totdat ek Peep Show gesien het.

Ek word partykeer in die middel van die aand wakker en lag vir iets wat ek in Peep Show gesien het.

11:24 PM  

Post a Comment

<< Home