My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Monday, February 19, 2007

Mislikheid


Ek was 100% oortuig daarvan dat hierdie dag nooit sal aanbreek nie, maar dit het nou...

Een van die ouens wat saam met my werk het 'n hoër ontlastingsfrekwensie as ek. Gesonder en meer gereelde buikbewegings. Hy vat leeswerk saam as die porseleinperd sy naam skreeu, want "Die fout (let wel: DIE FOUT) wat mense maak is dat hulle te gou opstaan en nie wag vir die tweede en derde applous nie." Dit is wat hy vir my gesê het toe ek vir hom vra hoekom hy met 'n boek uit die toilet uit te voorskyn gekom het. Die fout sê hy vir my!

Ek het nou geen ander keuse as om my eetgewoontes van drie groot maaltye na ses groot maaltye te verander nie.

14 Comments:

Blogger Freddy said...

Sjeim! Jou kollega is maar net 'n bietjie bedruk.

6:36 PM  
Blogger Margie said...

Ai, moes ek dit lees net voor lunch?

Amusing kollega.

7:59 PM  
Anonymous Anonymous said...

Kellogs Hi-Fibre Bran werk soos 'n bom.

11:57 PM  
Anonymous Anonymous said...

Vraag: Sal iemand wat langer op die perd sit, uiteindelik minder gereeld hoef te gaan?

6:18 AM  
Blogger Lammervanger said...

Carien - daai goed is inderdaad goed vir die dikderm.
Manto - in hierdie geval klaarblyklik nie...

9:11 AM  
Blogger arcadia said...

This comment has been removed by the author.

7:38 PM  
Blogger arcadia said...

ahel ou lamsak, jy't 'n gift.

7:38 PM  
Blogger Christine said...

Luister na nr 6 links bo vir inspirasie (die lewe sonder drol is net 'n droom):
http://users.iafrica.com/c/ca/casperde/frameset.htm

8:13 PM  
Blogger maeree said...

weet jy wat se goed google op jou blog adverteer?
"wit ekonomisese aliansie - kom ons staan saam om weer vir die blanke 'n toekoms te bied in suid afrika"
http://www.wea.co.za/frmHome.aspx

6:09 PM  
Blogger Lammervanger said...

Ek het al sulke gerugte gehoor ja - op die oomblik is dit die Gotland International Dance Seminar in Swede van Julie tot Augustus 2007. Gaan jy?

6:11 AM  
Blogger maeree said...

ongelukkig nie. hoofsaaklik omdat ek nie meer in swede is nie.
en ook omdat ek al gesien het hoe die swede dans.

4:54 PM  
Blogger Lammervanger said...

Juis Maeree juis! Gaan help die arme nasie...

4:59 PM  
Anonymous Anonymous said...

Gaan ons hoor wat die resultate van die kayak-resies was?

12:32 AM  
Blogger Lammervanger said...

Carien - beslis ja...ons het al selfs 'n paar oefensessies deurgewerk...

6:02 AM  

Post a Comment

<< Home