My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Tuesday, February 27, 2007

Die Boot wat nie Klein was nie


Ek en 'n vriendin wat aan my uitgepimp is deur Carien, wat beteken dat Carien nou ook my vriendin is, het nou die dag na 'n groot boot gaan kyk. Met groot bedoel ek ontsettend groot. So groot dat die grootheid daarvan vir my te groot was. Ek praat natuurlik van die Queen Mary II, wat toevallig saam met die Queen Elizabeth II hier aangekom het. Graag deel ek van die meer noemenswaardige triviahappies met julle.

- Die QM2 is 345m lank. Dis amper 4 rugbyvelde.

- Die QM2 is 33 verdiepings hoog. Dit is so hoog soos 'n gebou met 33 verdiepings.

- Die QM2 het 'n werkersmag van 1253 aanboord.

- Die QM2 kos $800 000 000. Afgerond tot die naaste dollar.

- Die QM2 is 44m langer as wat die Eiffel toring hoog is.

- Die QM2 is 3.5 keer so lank as wat Big Ben hoog is.

- Die swart boot in die boonste prent is die Titanic. Hopelik is Leo daarin sodat hy weer kan vrek.

- Die QM2 is regtig groot.

- Ek het nog nooit QM2 soveel keer getik nie.




27 Comments:

Blogger Lammervanger said...

O ja. Een van vandag se interessante Google-soektogte wat na hierdie site gelei het: "Man druk sy penis in die hond." Ek wil graag vra, maar ek is nie seker wat die vraag moet wees nie.

2:09 PM  
Blogger Freddy said...

Nee, nou weet ek nie meer wat ek van die boot wou se^ nie. Ek raai spelfout, maar gaan dit nie noem nie.

2:34 PM  
Blogger Lammervanger said...

Spelfout?! Wat?! Waar?!

2:39 PM  
Anonymous Anonymous said...

ek raai spelfout met die Google-soektog Freddy? Ai...

Daai's 'n moerse boot.

3:01 PM  
Blogger Lammervanger said...

Daar vang ek dit nou. Freddy ek wens jy was my dominee gewees.

3:26 PM  
Anonymous Anonymous said...

Wat rym met klasmaats?

3:34 PM  
Blogger maeree said...

as jy enigsins soos die hoof van my huis is, dink jy enigiets is beter net omdat dit groter is.

4:26 PM  
Blogger Adam said...

Sjoe-ie!

5:27 PM  
Blogger Voetstoots van Tonder said...

Lam, jy wat so 'n taalbul is - die verwysings na 'n gebou wat 33 verdiepings hoog is - hoekom praat ons nie eerder van verhogings nie?

6:14 PM  
Anonymous Anonymous said...

Sjoe Lam, gewoonlik weet ek hoe my vriende lyk. Tensy jy régtig nes Paul Kruger lyk.

9:05 PM  
Anonymous Anonymous said...

Vertel die dommes ook. Wat rym met klasmaats?
Ek was die naweek in Mosselbaai op die karveel waarop die video van Carike Keuzenkamp se Bartolomeus Dias geskiet is. Sal daaroor blog sodra die foto's gelaai is.

9:23 PM  
Blogger Freddy said...

Ek vang nie die klasmaats vragie nie. Anja, jou ou slimme. Prof, ek is stomgeslaan.

1:04 AM  
Blogger Lammervanger said...

Rolskaats

5:53 AM  
Blogger Lammervanger said...

Maeree - Ek dink net iets is beter as dit myne is, dit ek is of ek dit gemaak het.
Voetstoots - Mmmmmm. Seker maar 'n voorstelling van hoe diep die gebou in die grond sou ingaan as iemand hom so diep sou kon indruk... Dit is die beste waarmee ek vorendag kan kom.
Carien - die naaste wat ek aan Paul kom is dat my haarkleur en sy baardkleur dieselfde is. En dat ek op soek is na sy verlore miljoene.
Prof - Ek onthou nog daai liedjie baie goed. 'n Lekker Desembervakansie-treffer.

8:06 AM  
Anonymous Anonymous said...

Maksideem

As jy halfpad so dodgy is soos Lam dan is ek nie seker ek wil jou ontmoet nie! In elke geval, ek antwoord net deur my agent, Carien, dan ook net as ek jou in my besige skedule kan inpas. Tussen my "uitpimp" werk en my "on the side" day job is ek nogals in aanvraag. But name your price and I will consider. O ja, ek antwoord net aan mans wat die volgende "criteria" na kom:
groot spiere,
sterk afrikaanse aksent,
geen bloubul horings dra nie;
maar wel Ge Korsten se liefling teen volle bors kan sing;
iemand wat gewillig sal wees om te trek Vrystaat toe en saam met my Pa te boer in fellies en kaakies
iemand wat nie vir my afrikaanse spelling gaan lag nie

Kontak vir Carien as jy aan hierdie "criteria" vervul.

2:05 PM  
Blogger Lammervanger said...

Daar het jy dit Roelof. Vul in en faks terug asb.

2:16 PM  
Anonymous Anonymous said...

(Maks)
Bogenoemde kriteria klink dalk soos 'n baie lang grap, maar ek kan bevestig dat dit alles waar is. Veral dat jy bereid moet wees om vellies en 'n khaki kortbroek te dra.

Ongelukkig is my uitpimping dienste net vir mense soos Lam, wat 'n persoonlike verwysing kan kry van 'n sekere ander eks-Willows man.

3:33 PM  
Anonymous Anonymous said...

Freddy, die klasmaats verwysing is bietjie (baie) obskuur, jammer. Dit was na aanleiding van die spelfout, wat opgelos kon word deur te dink aan 'n woord wat rym met hond. En toe laat dit my terugdink aan 'n ou grappie wat ons in die koshuis gemaak het oor 'n gerym met klasmaats. Dis nie eens baie snaaks nie, net nostalgies, en eintlik net Lam wat dit moes (en sou) vang.

Carien, wie's die ander Willows-man?

4:16 PM  
Anonymous Anonymous said...

Lam, daar's 'n baie belangrike vraag vir jou op Prof se blog.

4:17 PM  
Anonymous Anonymous said...

Zuit, Lafras. Hy was vir een jaar in Willows.

7:50 PM  
Anonymous Anonymous said...

O MAGTAG! Carien, was jy Lafras se girlfriend. Toe hy nog eerstejaar was, het hy 'n superoulike girlfriend gehad!

12:44 AM  
Blogger Lammervanger said...

Ek neem aan Lafras moes nou verduidelik...

1:07 PM  
Anonymous Anonymous said...

Lafras se girlfriend?! Wel nou weet ons sommer baie meer van jou (op 'n goeie manier).

4:17 PM  
Anonymous Anonymous said...

Prof, die superoulike eks van jy praat kan een van twee superoulike ekse wees. Ek het hulle albei al ontmoet...

4:41 PM  
Blogger Lammervanger said...

Pharlapping - ek weet, ek was/is baie hartseer daaroor, maar ek kon ongelukkig nie gaan nie. Lang storie met nuwe werksvisa gewees... Was dit 'n aangename geselligheid?

9:26 AM  
Anonymous Anonymous said...

O, ek dog dis dalk jy.

4:43 PM  
Anonymous Anonymous said...

Interesting to know.

11:22 AM  

Post a Comment

<< Home