My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Sunday, November 26, 2006

Koue Rillings teen my Ruggraat af

Gisteraand het ek vir The Amityville Horror so op my eie van 10pm tot middernag gekyk. Die fliek was crap (omdat niks my meer kan bang maak na The Grudge nie) maar die konsep maak my bang. Veral as daar staan dat dit op 'n ware verhaal gegrond is. Veral dan. Dis hoekom flieks soos The Exorcist en seker The Grudge ook, my koue rillings en hoendervleis gee as ek dit kyk. Monsters wat mense se ingewande uit ruk en koppe wat rol is maar net guts & gore, maar hierdie geeste ding.....

Byvoorbeeld, in Oz is daar iewers 'n huis met 'n lang geskiendenis van spoke en ander onverklaarbare goeters en gebeurtenisse. Die eienaars wat nou daar woon (en die voriges), kan glad nie troeteldiere aanhou sonder dat die goed mal raak en weghardloop nie. Nou vra ek vir jou, wat sien of hoor daai diere wat ons nie kan sien nie? Daar moet tog iets wees. Die kans dat jy tien honde in 'n ry koop wat almal geestelik versteurd is, is redelik skraal... Ek het nou die dag 'n program op Discovery Channel gekyk waar hulle 'n onderhoud gehad het met 'n gesin wat in 'n huis met geeste/spoke gewoon het. Die goed wat hulle vertel het, was skrikwekkend. Krapmerke op jou maag en rug as jy in die oggend wakker word, of merke wat verskyn as jy sommer net in die huis rondloop. Stemme. Voetstappe. Interessant dat die meeste van die mense wat deur hierdie tipe ervarings gaan, gelowig aan die ander kant uitkom. Amper sonder uitsondering....

Glo julle in geeste/spoke/siele wat nie rus het nie en wat rondhang op 'n spesifieke plek? Het julle al 'n spookervaring gehad?

18 Comments:

Blogger christiaan said...

maar natuurlik, veral die reptiel breine. hulle woon hoofsaaklik in frekwensies wat naby of ortogonaal is aan die wat ons kan waarneem. soms besluit hulle om te frekwensie / "shape shift" in ons dimensie in om sekere politieke figure te beheer.

4:12 AM  
Blogger Lammervanger said...

EK VRA: Het julle al 'n spook gesien?! (Dankie Christian)

6:33 PM  
Blogger Pienk Zuit said...

Een keer het daar hierdie swart gedrogte in my kamer in gebars toe ek nog in die koshuis was. Dit was vreesaanjaend, hulle het sulke onderaardse stemme gehad en skerp ligte wat hulle in my oë geskyn het. Ek het dink hulle wil my vasdruk en aaklige goed met my doen. Gelukkig was hulle toe op soek na my buurman, nie na my nie, en is toe vinnig genoeg daar uit toe ek hulle vertel waar hy bly. Ek wonder nou nog of hulle spoke was...

10:15 PM  
Blogger Lammervanger said...

Die oumense vertel mos altyd dat daar 'n brandende hand sit op die plek waar 'n spook jou klap. Het een van die spoke jou geklap?

9:13 AM  
Blogger Pienk Zuit said...

Waar hulle aan my geraak eht, het daar so 'n bruin en swart slymerige residu agter gebly, wat baie boeilik was om af te kry. Hulle wou my ook dwing om hulle uitskeidings te eet en drink (dit het aaklig geruik, soos af enjinolie), maar dit was voor hulle besef het ek was die verkeerde persoon.

2:45 PM  
Blogger Lammervanger said...

Ek is teleurgesteld dat niemand wil vertel of hulle in spoke glo nie.

9:06 PM  
Blogger Adam said...

My ma sê altyd net mense wat in spoke glo sien spoke, en dis dan ook die rede waarom sy nog nooit ene gesien het nie.

Ek glo in spoke, maar ek dink ek sal vir my 'n feces eiland skrik as een sien...

10:01 PM  
Blogger dorothy said...

i believe that 'ghosts' (and i use ic cos it's a loose word)

2:12 AM  
Blogger Lammervanger said...

Pharlapping - maak 'n voodoo-pop van die bliksem en dan druk jy spykers deur sy oë (vir 'n begin anyway) terwyl jy rooiwyn drink.

4:49 AM  
Blogger maeree said...

ek is besig om 'n reeks genaamd "supernatural" te kyk wat iemand skelm vir ons gecopy het. ek glo nie in daai spoke nie.
ek glo wel dat die werklikheid, soos wat ons dit normaalweg waarneem, nie die volledige werklikheid is nie.

7:33 PM  
Blogger Lammervanger said...

Hi Maeree - ek ken daai reeks en ek het dit nogal gekyk hierso. Ek stem saam dat daai tipe goed maar net vermaak is. Maar in die regte lewe is dit vir my freaky as honde vir 'n leë kamer begin blaf...

4:30 AM  
Blogger maeree said...

toe my ouer broer klein was, het ons in 'n ou huis gewoon. hy het - nog voordat hy kon praat - botweg geweier om in sy slaapkamer in te gaan. het blou moord geskree terwyl hy na die een hoek toe wys. altyd. later, toe hy kon praat, wou hy by my ma weet wie die man met die hoed op is wat in die huis rondloop.
vandag kan hy natuurlik nie onthou wat aangegaan het om sodoende hierdie tergende misterie vir die res van ons op te los nie.
(oe, ek love spookstories!)

5:28 PM  
Blogger Lammervanger said...

Maeree dis 'n classic! Dis die shit wat ek wil hoor!!

9:56 PM  
Blogger christiaan said...

ek weet van n vier verdieping boere-italiaanse huis met n moerse basement (ek praat rugby veld grootte hier) naby brandboontjies treinstasie in limpopo provinsie (die verre noord transvaal). dis in die laeveld, nie die bosveld of hoeveld nie.

in elk geval, die huis is gebou circa wereld oorloe deur italiaanse immegrante. twee broers het oorspronklik daar geboer. die een het sy ma op-gekommandeer om vir hom n huwelik to reel terug in die moederland. toe sy stukkie uiteindelik by die stasie aankom is die eerste persoon wat sy sien die ander broer. dit was liefde met die eerste oogopslag en n kort rukkie later moes hulle trou.

obviously het die eerste broer hierdie penarrie niks gesmaak nie... jare later is meeste van hulle dood aan verskeie (meestal natuurlike oorsake, ek dink) en langs die huis begrawe.

ek ken mense wat sowat tien jaar gelede in die huis gebly het, wel n deel daarvan anyway. dit is moer groot en hulle het nie genoeg meubels besit om die hele plek vol te maak nie. die tannie het vertel dat sy soms spoke in van die lee vertrekke vesien het. daar was ook n vrou figuur wat soms aan die voordeur geklop het. een van die ander spoke sou soms die hele lug verfrisser in die badkamer leugspuit.

die tannie beweer dat die spoke net gespook het wanneer die begrafplaas nie netjies was nie. haar oplossing was om so bietjie te gaan onkruid spit - dit sou die geeste laat bedaar vir n rukkie.

ek was eers bra skepties maar die oom en tannie het albei langs die braaivleisvuur gesweer dit is die reine waarheid - en vir my nog klippies en coke aangebied.

;)

10:23 AM  
Blogger Lammervanger said...

Christiaan - sal jy ooit 'n nag in so 'n joint deurbring? Op jou eie en met die wete dat die plek 'n paranormal hotspot is? (en jy moet 'n hond saamvat sodat die ding beserk kan gaan, al sien jy niks nie...)

1:50 PM  
Blogger arcadia said...

ek glo. maar stem meer saam met maeree - wat ons hier in die realiteit sien is nie noodwendig al wat bestaan nie. in my ouers se vorige huis was daar baie weird goed wat aan die gang was; dit was ook 'n baie groot huis en daar was 'n vleuel waar jy in die nag partykeer 'n baba hoor huil het en waar dit geklink het asof iemand meubels rondskuif. scared the shit out of me.

1:52 PM  
Anonymous Anonymous said...

[B]NZBsRus.com[/B]
Dont Bother With Laggin Downloads Using NZB Downloads You Can Swiftly Search Movies, Games, MP3 Singles, Applications & Download Them at Electric Rates

[URL=http://www.nzbsrus.com][B]Newsgroup[/B][/URL]

7:08 PM  
Anonymous Anonymous said...

You could easily be making money online in the hush-hush world of [URL=http://www.www.blackhatmoneymaker.com]blackhat techniques[/URL], It's not a big surprise if you don't know what blackhat is. Blackhat marketing uses little-known or misunderstood methods to produce an income online.

8:35 PM  

Post a Comment

<< Home