My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Monday, November 20, 2006

Wyk!

Ek dog daai Sondagaand blues ding was uit my lewe uit. Staan mos op die rand van trou en alles... Lyk my 'n mens moet enkellopend wees om Sondagaand blues te hê, aangesien ek dit vyf jaar laas gehad het. Net leemtes en holtes veroorsaak Sondagaand blues, die ander worries van die lewe kan mens enige dag oor bekommerd wees, maar Sondagaande kan mens lekker dink oor wat nie meer daar is nie (ek skat dit hoef nie noodwendig 'n meisie/ou te wees nie). Snaaks om te dink hoe mense hulself in mekaar se lewens in weef. Interpenetrerende netwerk soos ons in die polimeerwetenskap sê. Dan, ewe skielik, is al daai gemeenskaplike plekke leeg. Net so.

Gelukkig het ek 'n nuwe bron van girls ontdek. Ons tipe meisies. Ons mense. Dominee se mense. Ek stel deesdae my Foxtel (Oz se weergawe van DSTV) in op die Country Music Channel. Ek het altyd gedog die country scene bestaan uit dungaree-draende, banjo-slaende, viool-spelende, fluitende, jillende rednecks sonder tande (of 'n bek vol swart tande) waar die gemiddelde meisie se pa en broer dieselfde man is. Maar nee! Gesonde rock klanke (dit wat hulle speel in elk geval). Gesonde mense wat gesond eet, wat gesonde klanke maak, almal kan ghitaar speel en bulkalwers vang met toue. Ek is seker die gier sal oorwaai voordat ek vir my 'n cowboy-hoed gaan koop. Lekker tunes - probeer dit voor julle my oordeel.

Terug na die onderwerp. Gelukkig is ek 'n slim man wat kan dink oor dinge. As die blues slaan, moet 'n mens maar bereid wees om die regte ding te doen - gaan dink oor hoekom die dinge gebeur het. Die redes. Dan kom mens vinnig agter dat 'n mens geneig is om net die goeie dinge te onthou en dus word hulle gemis. Selfs as ek die beste van my vorige twee girls vat en saamsit in 'n gelukspastei as't ware, kort daar nog so 'n knippie sout, 'n ektra naeltjie en nog so tien minute in die oond. So voertsek blues, ek weet wat ek doen.

9 Comments:

Blogger Lammervanger said...

Pharlapping - dankie vir die solidariteit wat jy wys... Ek laaik enige cocktail. Gee vir my nog 'n leidraad oor jou identiteit... Jy's reg oor die Ozze en hulle gesuipery op Sondae.

4:44 PM  
Blogger dorothy said...

ha ha ha - it seems to me that the seven year itch has been shortened to the five year itch - yours is the hundredth breakup scenerio i've heard of (including my own) that fell apart on the five year mark.

i spent my sunday on signal hill overlooking the ocean in a heat wave with lightening and heavy cloud, getting drunk on red wine and bravado.

5:27 PM  
Blogger Do Kwang said...

Ken jy iemand met die naam Zorkie? Die was glo saam met ons in Wilgenhof en bel my vanoggend en gesels lustig voort, en al wat deur my kop gaan is "wie de hel is Zorkie?"

6:34 PM  
Blogger Lammervanger said...

Zorkie was een van daai plooiballe wat in Batch rondgehang het en onskuldige eerstejaars in die pub gesuip gemaak het. Hy was net in ons eerstejaar daar. Ek weet nie eens of hy toe in die koshuis was en of hy 'n country member was nie.

Nog Pharlapping nog!

7:01 PM  
Blogger maeree said...

'n goeie manier om die aand te spandeer sou bv wees om voëltjies te voer in jou adamsgewaad, dit af te neem en op jou blog te post.
just a thought.

10:00 PM  
Blogger arcadia said...

ek neem aan jy's die een wat 'n einde gemaak het aan die laaste twee verhoudings?

10:12 PM  
Blogger Lammervanger said...

Maeree - vandat ek jou daai voëltjiebelofte gemaak het, het die voëltjies óf nie gekom nie óf my huismaat was nie hier om 'n kiekie van my en die voëltjies te neem nie.
Arcadia - Die laaste een was dit ons wat 'n einde gemaak het en die een voor dit het ek dit in die nôt gevat.

4:44 AM  
Blogger Pienk Zuit said...

Jy laat dit amper klink of jy dit letterlik in die nôt gevat het, en daarom moes opbreek...

6:01 PM  
Blogger Lammervanger said...

In daai geval moet ek dit onmiddelik regstel...

7:10 PM  

Post a Comment

<< Home