My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Friday, November 03, 2006

Ek hou daarvan as ek die bodem kan sien.

Aangesien Dorothy haaie gelys het as een van haar supervrese, het ek besluit om vir julle te vertel wat die vier gevaarlikste haaie in die oseane van die aardbol is. So hier is hulle, in volgorde van gevaarlikheid, soos bepaal deur aantal mense wat vermoedelik deur hulle opgevreet is.

1) Opesee-wittiphaai (Oceanic white tip shark). Hierdie haai het verreweg al die meeste mense opgevreet van enige ander haai-spesie. Die rede hiervoor is dat die haai net in die diepsee voorkom en tydens oorloë en seerampe die slagoffers opvreet terwyl hulle hulpeloos ronddryf. Hulle kom nie teen die kus voor nie en mense besef dus nie hoe gevaarlik hierdie haai is nie.



2) Zambezihaai (Bull shark). Ek het eenkeer 'n dokumentêre film gekyk oor 'n idioot wat in water gestaan het wat tot by sy heupe gekom het, met jong Zambezihaaie wat om hom rondswem, terwyl hy vertel dat hierdie haaie maar net verkeerd verstaan word. Terwyl die kamera 'n toneel onder die water verfilm, skeur een van die haaie die ou se hele kuit af en swem daarmee weg. Baie gevaarlike kalant en kan kilometers in vars water riviere opswem.


3) Tierhaai (Tiger shark). Net so gevaarlik (sommiges sê selfs gevaarliker) as die Zambezihaai. Byt die heeltyd surfers dood in Hawaii. Die haai het strepe op sy lyf soos 'n tier...


4) Witdoodshaai (Great white shark, white shark, white pointer). Wat meer hoef ek te sê...?

Ek bid altyd dat ek nooit een van hierdie goed teëkom nie. Nooit nie.

5 Comments:

Blogger maeree said...

ek het gehoor dat haaie nie hou van mensvleis nie. hulle vat dus net 'n happie, maar los die res. die probleem is al die ander haaie wat dan ook kom proe.

6:21 PM  
Blogger Lammervanger said...

Dis reg ja, die idee dat haaie mensvreters is, is verkeerd. Watse dier sal as stapelvoedsel 'n dier kies wat nie eens in sy habitat voorkom nie... Haaie maak gewoonlik 'n fout wanneer mense gebyt word, maar mens kry aggressiewe haaie wat sal hap as hulle lus het.

8:17 PM  
Blogger dorothy said...

why thanks lammer - makes me feel real at ease :)
btw - have i asked you before: what is a lammervanger? a lamb catcher?

8:39 PM  
Anonymous Anonymous said...

Was gister by die akwarium in CT. Sê-nou-maar-net jy moet tyd in 'n tenk spandeer wat kies jy?

1. 'n Tenk vol Japanese Spinnekop Krappe.
2.'n Tenk Baarbers.
3. Die tenk met die 'ragged tooth' haaie.

6:02 AM  
Blogger Lammervanger said...

Ek sal die tenk met die raggies kies, maar net omdat ek gedwing word om enigsins 'n keuse uit te oefen... Ek het al saam met raggies geduik en hulle is skadeloos, al lyk hulle vreesaanjaend.

Dorothy - English name for the lammervanger (also referred to lammergeier and baardaasvoël) is a bearded vulture or lammergeier (yes the same).

6:51 AM  

Post a Comment

<< Home