My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Monday, November 13, 2006

PZN

Die titel van hierdie inskrywing sinspeel op die treffergroep van toentertyd met die naam BZN (Band zonder Naam) op wie se deuntjies ek as tjokker male zonder tal (daar doen ek dit weer!)by grootmens braaivleis- en potjiekosaande aan die slaap geraak het. Hierdie is Post Zonder Naam - omdat hierdie inskrywings een van daai lukrake sessies is waar onverwante goeters by my brein uitsypel.

Punt nommer een handel oor die Goue wawielwebspinnekop (Eng. Golden Orb Spider).


Ek het eenkeer later as gewoonlik gaan draf (in die somer) al met my bospaadjie langs. So paar kilos van die huis af was dit toe al feitlik donker, maar nog steeds skemer genoeg om net-net te kan uitmaak wat om jou aangaan. Dis toe ek sien hoe hierdie goed aan die afsak is na my vlak toe aan drade wat aan die binnekante van hulle anusse gekoppel is. Gedurende die dag sit hulle in hul webbe wat so twee meter van die grond af is, maar snags spin hulle bykomstige webbe tot amper teen die grond en slurp dit dan weer in hulle anusse in as die hane kraai. Natuurlik gaan 'n ongesonde vrees vir spinnekoppe nie goed saam met hierdie ervaring nie en dit is ook dan die rede hoekom daardie aand dit tot op my lys van top 20 traumatiese episodes gemaak het. Verbeel jou sommige mense het daardie vermoë gehad. Saans wanneer die res van ons skemerkelkies aan die wegslaan is, ruk hulle vyf ekstra verdiepings vir hulle huise by hulle poepolle uit en dan is die koerantafleweraartjie net betyds om te sien hoe dit baksteen vir baksteen in die poepol teruggepak word. Selfs die posbus wat soos 'n gholfbal lyk.

Ek is bekommerd oor my Afrikaanse taalvaardighede hier in die vreemde. Spesifiek my spelvaardighede. Ek dink dat ek nie meer weet hoe om vermoë, koeël, prieële, vlieër, vlieënier, vlië of finansiële reg te spel nie. Paul sal so teleurgesteld wees. As erkenning van hierdie skandvlek sal ek so veel as moontlike fonetiese spelfoute maak in die volgende paragraaf.

Ek gaan binekort fir jille footoes plaas fan hoe ek die reenboogparkiette foer op mei balkon. Die goet is mak ginoeg om op mei hant te kom sid en die sonneblomsaat fan my palm av ti eed. Oestralië si fools is een deel fan die lant waarfoor ek nooid gadfol sal raak nie. Fir Maeree si ondhalwe sal ek die fools kaal foer. Did is ook moondlik om ti toeds hoe swak mênse deesdaa spel deur woorde in Goeghil in te tik wat firkeert gispel is en dan ti keik hoefeel trevslaa jei krei.

18 Comments:

Anonymous Anonymous said...

IS BZN nie Ben Zonder Naam nie?

5:34 PM  
Blogger Lammervanger said...

Nee. Hulle het hulle eerste show gedoen in 'n klub in Volendam in 1966 volgens die fanclub wat einde 2007 gaan ophou om te bestaan. Hoe hulle in die eerste plek bestaan weet ek nie.

5:43 PM  
Blogger Marissa said...

Ag nee, nou is ek lus om verkeerd gespelde woorde in Google in te tik en te kyk hoeveel trefslae ek kry.

8:50 PM  
Blogger arcadia said...

moes jy ons nou aan BZN gaan staan en herinner?

1:37 AM  
Blogger Lammervanger said...

Arcadia, ek is jammer. One more Tequila was soos 'n slaaptydliedjie vir my. Hulle speel in dieselfde liga as Mixed Emotions en Engelbert Humperdink...

5:14 AM  
Blogger Lammervanger said...

Of was die liedjie se naam Waltzing Maria...?

8:29 AM  
Blogger maeree said...

jipee! kan nie meer wag nie! as jy dit teen vrydag doen, sal dit betyds wees vir my verjaardag.

4:00 PM  
Blogger Lammervanger said...

Iemand het op my blogsite beland deur "foto's van borste" in Google in te tik. Hoe de hel hulle hier uitgekom het weet ek nie.

11:36 AM  
Blogger Voetstoots van Tonder said...

ek het een keer (seker 10 jaar gelede) vir iemand van Belgie 'n lift gegee in Jhb (sorry Lammervanger - 'n geleentheid...)

toe ek die fout maak om vir die persoon te se ek ken BZN se musiek, het hy hard gekreun - groot nasionale verleentheid gewees vir hom - die Belge se ekwivalent van Bles Bridges?

10:49 PM  
Blogger dorothy said...

ha ha ha - the spider bit was funny - couldn't read the rest. my spoken afrikaans is pretty good, but i need patience to read it and then if it's spelt all wrong...

4:02 PM  
Blogger Lammervanger said...

Dorothy - that spider episode was traumatic...and don't worry about the misspelled written part, it was hard enough to write!

7:59 PM  
Anonymous Anonymous said...

Poep! HAHA.

10:36 PM  
Blogger Lammervanger said...

Wys jou muis!

8:11 AM  
Blogger Pienk Zuit said...

Waar is die ballewhamyyyyyyyyyyyyyyy!?

3:43 PM  
Blogger Pienk Zuit said...

Hysie uitieeeeeeeeeeeeeeeeeeee!

3:43 PM  
Blogger Pienk Zuit said...

Die telefokkenfoon luuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuuui!

3:44 PM  
Blogger Do Kwang said...

zuit het borrelsiekte

4:54 AM  
Anonymous Anonymous said...

Ja, waarschijnlijk dus het is

4:40 AM  

Post a Comment

<< Home