My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Wednesday, November 08, 2006

Vreugdelys

Hier is 'n lys van dinge wat my ontsaglike hoeveelhede plesier verskaf. Elkeen van die inskrywings op die lys gebeur min genoeg en is skaars genoeg dat ek dit waardeer elke liewe keer as dit gebeur.

1) Om my toilet te Toilet Duck. Diep onder die rand in.
2) Om in 'n belaglike stem te praat as ek 'n vreemde kat raakloop. Ek hou nie op voordat ek hom/haar mak gemaak het nie. Dan vryf ek dit kat se wang en stap tevrede weg.
3) Om vyfuur die oggend weg te trek op pad na 'n vakansie wat ek reeds 'n geruime tyd lank aan die beplan was. Dis lekker om in die donker weg te trek en dan te sien hoe die wêreld rondom jou lig word terwyl die kilometers verby glip.
4) Om 'n kis te dien in tennis.
5) Om te sien mense los comments op my blogsite.
6) Om braaivleis te eet. Ek verwys spesifiek na lamtjoppies en hoender soos ek dit braai. Ek braai ook belaglike lekker snoek, kabeljou en salm.
7) Om my talente te tel.

Ook vreemd hoe persoonlike tydsbesteding verander na die oorgang van nie-enkellopend na enkellopend voltooi is, soos gesien in hierdie lys van waarmee ek myself besig hou gedurende die dag,

1) Kyk sport
2) Doen Xhosa les vir die dag
3) Kyk sport
4) Speel op internet
5) Drink koffie by strand en merk non chalant op hoe parmantige juffrouens in stuitige baaibroekies op die sand rondtrippel.
6) Hiersien my Xhosa les vir die dag.

Ek moet bylas dat ek wag dat my nuwe werksvisa gefinaliseer moet word. Inskrywings 1, 3, 4 en 5 gaan skade ly sodra dit gebeur.

15 Comments:

Blogger Do Kwang said...

Hoe braai jy jou kabeljou?

4:42 PM  
Blogger Lammervanger said...

Jy sit 'n vel foelie op die rooster, vlek die vis en sit die velkant op die foelie (nadat jy dit met botter gesmeer het), wag tot jy jou hand so 7 sekondes oor die kole kan hou, sit die rooster velkant na die kole toe, wag dat die wit sappies begin uitkom aan die vleiskant (so 10 minute) en draai hom dan vinnig om vir so 2 minute. Ek raps hom partykeer met 'n botter/appelkooskonfyt mengsel vir 'n lekker smakie...

6:31 PM  
Blogger Natasja said...

Ek kry 'n kick daaruit om my wit handdoeke te was en dan te tuimeldroog. Ek gooi daai kommin pienk "Oxy Action Liquid" by. As die handdoeke so spierwit, fluffy en warm uit die masjien kom wil ek net sing!

7:32 PM  
Blogger Do Kwang said...

Het jy dit al met olyfolie probeer? Dis my nuwe geheim - draai die vis heeltemal in tinfoelie toe saam met omtrent 'n halfliter olyfolie (en al jou ander geurmiddels) en braai hom dan.
Verder wil ek jou versoek om vir ons 'n post te skryf, waarin jy vertel van die vyf mees vreesaanjaende veneriese siektes. Dit kan tot 'n interessante gesprek lei.

9:03 PM  
Blogger Voetstoots van Tonder said...

daar's baie te se^ vir vroeg opstaan en aan die gang kom terwyl dit nog donker is - toe ek nog meer gereeld gehardloop het, was dit my gunsteling ervaring: uit op die pad, met geen ander persoon of kar in sig nie - dan voel mens kompleet asof die hele we^reld aan jou behoort

om nie eers te praat van die selfvoldane gevoel wat jy vir die res van die dag beleef nie!

10:26 PM  
Anonymous Anonymous said...

Interessant!

My grootste vreugde is om n VOLLE nag op my EIE kussing te slaap SONDER dat die foon een keer lui.

My volgende grootste vreugde is as ek dit 2 aande in n ry kan doen.

Is daar kabeljou is Aus?

groete
Klagat

10:35 PM  
Blogger Lammervanger said...

Kwang - die heeltemaal-toedraai-in-foelie is iets wat ek ook doen, maar net as ek baie kruie en speserye op die vis sit.
Klagat - nee hier is nie kabeljou nie en ek mis dit baie. Hier is ook nie snoek nie en ek mis dit baie. Hier is ook nie galjoen nie en ek mis dit baie.

5:15 AM  
Blogger Lammervanger said...

Kwang - jou versoek oor 'n lys van oordraagbare geslagsiektes is 'n bykans onweerstaanbare versoeking... Ek geniet dit mos om afskuwelike dinge in afgryslike detail te verduidelik. Ek is net bang dat 'n bloginskrywing van daai aard manlike lesers impotent sal laat en vroulike lesers die kloosters laat gaan opsoek... Ek oorweeg dit nog...

12:57 PM  
Blogger arcadia said...

wanneer kan ons 'n post in xhosa verwag?

7:04 PM  
Blogger Lammervanger said...

Arcadia - dis nog 'n wyle weg, maar ek sal weldra daar uitkom...of so hoop ek in elkgeval!

12:21 PM  
Blogger Marissa said...

Dis wat ek ook gewonder het.

11:02 PM  
Blogger Lammervanger said...

Pharlapping en Marissa - Die maatskappy vir wie ek nou werk gaan baie besigheid in SA (PE om presies te wees) doen en die meeste mense by die nuwe aanleg wat ons bou gaan Xhosa-sprekend wees.

7:52 AM  
Anonymous Anonymous said...

watter industrie is pharlapping in betrokke?

klagat

9:41 PM  
Anonymous Anonymous said...

pharlapping

Sorry, maar ek het verkeerd gelees en dog dat die company waarvoor Lammervanger werk pharlapping genoem word. Was bietjie deur die slaap.

Wat ek eintlik wou weet is watter bedryf Lammervanger se nuwe company in is wat n aanleg in die oos kaap bou.

hoop dit is duideliker
groete
klagat

5:16 PM  
Blogger Lammervanger said...

Klagat - het jy gedog my maatskappy se naam is Pharlapping en Marissa? Loop kyk by Natbiogroup dot com. Startup so dinge is nog aan die gebeur.

5:34 PM  

Post a Comment

<< Home