My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Wednesday, August 09, 2006

Aksie in jou Ingewande

Na aanleiding van die feit dat Die bloedige een 'n parasietspesie in haar vistenk ontdek het (Ek is nog steeds vas oortuig daarvan dat iemand haar vistenk as 'n ablusiegerief gebruik, aangesien Planaria aan die Phylum Platyhelminthes behoort. Die lintwurm behoort aan dieselfde Phylum... Nie dit geweet nie né!), het ek besluit om oor parasiete wat in die menslike liggaam te vinde is, te gesels. Ek baseer die sessie op 'n program wat ek gekyk het wat oor hierdie afstootlike gebeure berig het. Ek gaan in detail ingaan so kyk weg as jy nie van wurms en goeters hou nie.

(A) Manlief en vroulief gaan op 'n lekker wegbreekvakansie iewers in die afgeleë dele van die VSA en besluit om uit die natuur uit te leef (of darem ten minste so nou en dan). Manlief neem die rol van jagter aan en gaan maak lyntjie nat in die meer. Hy trek 'n vissie of twee uit en vroulief berei feesmaal voor. Manlief vertel na die tyd dat hy opgemerk het dat die vis so effe rou was, maar "mense eet mos in elkgeval sushi". So drie weke nadat hulle terug is by die huis, is manlief besig met sy oggendsessie op die porseleinperd toe hy voel iets is nie reg nie. Hy bespeur toe lint se kind wat by sy anus uithang. Hy roep vir vroulief en, siende dat haar behulpsaamheid geen perke ken nie, sy trek soveel as moontlik (op die ou end so 3 meter) van die wurm uit met 'n tang terwyl hy haar help deur sy anus vir haar oop te sper. Kwaliteit tyd is deesdae so moeilik om in te werk in verhoudings met die gevolg dat hierdie tipe sessies ontsettend waardevol raak.

(B) Man en vrou is pas getroud (daar trek Anton Goosen ook) en man beloon vrou met heuningmaan iewers in Suid-Amerika. Daar baljaar hulle lekker in reënwoude en warm water. Hulle keer terug en sy begin weer te werk in haar fisioterapiepraktyk. So paar weke na hulle terugkoms (menige mense het opgemerk dat sy aan die gewig verloor is) is sy besig om 'n pasiënt te behandel toe sy 'n nat sensasie in haar pantie kry. Sy aanvaar toe maar dat dit 'n knertsie urine was wat deur haar verdegingslinies gebars het toe sy 'n laggie vir 'n flou grappie uitgedruk het. Sy maak toe klaar met die pasiënt, gaan badkamer toe, trek haar broek af en daar val nematode/blaaswurm se kind by haar pantie uit. Sy het amper flou geval van die skok. Ek het self hierdie makkers in Soölogie 178 teëgekom en hulle is vieslik. Hulle lyk soos stewige erdwurms en is maklik tot 30cm lank.

(C) Man neem deel aan adventure-race iewers in Asië. 'n Paar MAANDE na sy terugkoms sit hy voor die TV en hy kan nie verstaan wat sy oog so die heeltyd irriteer nie. Uiteindelik stap hy na die badkamer waar hy 'n spieël kan gebruik om die haar (of so het hy gedink) uit sy oog te verwyder. Dis toe hy die dun wurm sien wat besig is om oor sy oogbal te beweeg (maw onder die vel, maar nie in die oogbal nie). As dit nie daarvoor was nie, sou hy nooit geweet het dat hy besmet is met wurms nie!

Ek gaan nie eens begin met die stories van larwes wat uit liggaamholtes gelok moes word met rou spek, boerewors en leë beloftes van emmers vol verteerde kos nie...

Ek skat die onderliggende boodskap hierso is dat nie 'n slegte idee is om net so nou en dan 'n ontwurmingspil te sluk nie. Jy kan deurtrek wees met die wurms en ander parasiete sonder dat jou ontlasting noodwendig soos deurgekookte spaghetti lyk.

15 Comments:

Anonymous Anonymous said...

Ek is nou te bank om aan my keyboard te vat waar daar vanmiddag 'n vlieg gesit het, so ek tik nou hier met een vinger....

12:46 PM  
Blogger Lammervanger said...

Ek dink solank mens nie rou kos eet nie en nie in vark- en beesmis gaan rondrol nie, behoort mens okay te wees...of so hoop ek in elkgeval.

1:50 PM  
Anonymous Anonymous said...

het jy nie n foto van giardia lambda nie. Dit is so n oulike ou prentjie mens kan amper daarvan hou.

mooi storie

Groete
klagat

6:25 PM  
Blogger arcadia said...

hel, dis absoluut disgusting. misgis ek my, of het jy nogal 'n penchant vir gross stories?

1:09 AM  
Blogger Lammervanger said...

Arcadia: Die onderwyseres wat in beheer daarvan was om die Afrikaanse taal in my kop te laat posvat, het eenkeer vir my ma op 'n oueraand gesê "Lamsak soek aandag deur 'n skokreaksie by mense te ontlok." Dit was nadat ek 'n opstel geskryf het waar daar baie karakters in was waarvan nie een oorleef het nie.

Ek skat ek hou van vermaak...

6:26 AM  
Blogger PienkZuit said...

Nie net stories nie, hy's 'n sadis. Ek kan +- 180 getuies roep wat dit sal confirm.

2:05 PM  
Blogger maeree said...

nadat ek my hele vistenk in 'n reuse mikrogolfoond genuke het, wil ek dit net baie duidelik stel dat niemand my vistenk vir ablusiedoeleindes gebruik nie. dis maar net die stofsuiervissie (pleco
)wat organiese materiaal baie effektief verwerk.
as hierdie sakie dan nou uit die weg geruim is, wil ek net baie dankie sê dat jy ons bewus maak van die gruwels van die lewe. nou kan ek soveel rustiger lewe. of nie.
(180! wow! respek.)

10:03 PM  
Blogger rondloper said...

'n Wurm op jou oog!!?? Dis te weird vir woorde, ek sal heeltemal laf raak as ek dit op myself sien. Ek gaan nou sommer more ontwurmingspilletjies drink.

3:30 AM  
Blogger Lammervanger said...

Ek stem saam Rondloper - ek sal beserk raak.

Maeree - amper klaar hiermee. (1) Staan die vistenk nie miskien naby aan 'n toilet nie? Jy moet onthou dat elke keer wanneer mens 'n toilet trek, styg daar 'n sampioen-wolk vol kieme uit. (2) Was jy jou hande tussen toilet en vistenk? (3) Is jy die eerste mens wat hierdie visse besit? Miskien het die vorige eienaar hulle in sy toilet laat swem in 'n poging om non-konformisties te wees.
As jy hierdie vragies kan antwoord, kan ons die saak laat staan.

6:49 AM  
Blogger Do Kwang said...

Wat van die vrou wat 'n wurm se kop by haar man se hol sien uitsteek het. Toe gryp sy die wurm se kop en trek hard, terwyl haar man die wangetjies oopgesper hou om die proses te vergemaklik. Eers toe hulle die wurm 'n goeie halwe meter van sy liggaamslengte by die ringspier uitgetrek het, besef hulle dis eintlik sy prostaat wat sy beetgekry het.

7:06 AM  
Blogger Lammervanger said...

Of die oordokter in Suid-Afrika wat 'n kind met 'n was-verstopte oor gehelp het. Hy het die was met 'n lepelskalpel ding uitgeskep, maar na die operasie kon die kind nie meer sy maaltafels opsê of 'n bal skop nie. Dokter kom toe agter dat hy te diep geskep het en breinweefsel uitgehaal het. Sorg dat julle jul ore skoon hou.

8:39 AM  
Anonymous Anonymous said...

Ahoi Neger,

Het nou net so paar van jou ander posts gecheck ... Jy se breinaalde onder die toonnaels en skepskoppe met Naas Botha ... Het dit erg geniet !!

Mens kan (en het al) vir die res van die dag hiermee voortgaan maar ek laat jou met die gedagte van iemand wat, nadat hulle jou voete met 'n hidroliese drukpers geamputeer het, jou skeenbene van onder na bo oopsaag met 'n groftand tuinmaak handsaag ...
Soete drome en moenie in Gurtie se rokvoue in hardloop as Abel vir jou knipoog mie.

2:13 AM  
Blogger Lammervanger said...

Minter! Baie welkom. Ek wonder of die blog gereed is vir die marteltegniek wat 'n souspannetjie lou-warm melk en 'n studeerlampie benodig...?

Nee neef, ander Minter hierdie.

8:28 AM  
Blogger Do Kwang said...

Is dit die Minter Sprinter?

7:03 PM  
Blogger Lammervanger said...

Ja Kwang, dis die Mint wat Sprint.

6:31 AM  

Post a Comment

<< Home