My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Monday, July 03, 2006

Bloedskande

Hierdie naweek is twee (manlike) van die oorblywende 12 huismaats in die Australiese Big Brother (reeks nommer iets hopeloos te veel) gesmyt omdat die een 'n meisie vasgedruk het en die ander een sy skrotum teen haar gesig gevryf het (hy het sy broek aangehad). Nou word albei aangekla van seksuele aanranding. Dis wat gebeur as mens meer as een reeks van hierdie snert maak.

1 Comments:

Blogger PienkZuit said...

Of as jy meer as 1 Ozzie saam in 'n huis laat bly. Vra maar vir meeste SAners wat saam met Aussies in Engeland gebly het.

2:43 PM  

Post a Comment

<< Home