My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Friday, July 14, 2006

Diere in en om die Huis


Hier volg my volgende inskrywing oor diere wat julle tien teen een nog nie teëgekom het nie. Ek wyk doelbewus af van die reptieltema (alhoewel die Koningskobra baie aanloklik was Johan) aangesien ek altyd op my hoede is vir tonnelvisie. Ek wil ook aan my lesers die bes moontlike kans bied om daai laaste vraag in hulle volgende Algemene Kennis Olimpiade reg te antwoord en sodoende met die wisseltrofee weg te stap.

Ek moet ook baie versigtig wees vir Anglisismes, want ek het my vorige inskrywing in 'n brief aan Die Burger verander nadat ek gesien het dat die res van die Nasie my ondersteun. Dankie dat julle my weer in myself laat glo het. So in elkgeval, ek moet versigtig wees, anders kry ek nou weer die hele "balk in eie oog voor splinter in ander se oog" hier van ou Paul af. Ek sal julle op hoogte hou of my brief geplaas word of nie.

In elkgeval - ons Dier van die Uur (hoe's daai!) is die Fossa van Madagaskar. Hierdie vleisvreter (wat vir my na 'n verbastering tussen 'n hond, luiperd, otter en bobbejaan lyk) is, in terme van die verhouding van krag tot liggaamsmassa, die mees effektiewe soogdier jagter op die planeet. Hy vang enige iets van visse tot wilde varke, maar sy gunsteling prooi is die lemurs wat hy in die bome gaan vang. So hierdie ding klim in 'n boom op en hardloop dan van boom tot boom met sy sterk bene, skerp naels en lang stert vir balans, tot hy 'n lemur vang. Magtag. Die plaaslike bevolking is ontsettend bang vir die dier. Die enigste ander interessantheid is dat die wyfie se klitoris 'n benerige skede ontwikkel voordat sy begin voortplant en die mannetjie se penis oortrek is met hakies. So paartyd is redelik masochisties.

6 Comments:

Blogger Lammervanger said...

Vlymskerp so vroeg in die môre sien ek... Toemaar ek het al spitbraaie, lampotjies, lambredies en lamskenkel oorleef - gegeurde water pypkan ek sonder moeite!

1:48 PM  
Blogger arcadia said...

net vir interessantheid - waaroor was jou phd?

11:50 PM  
Blogger Do Kwang said...

Ek bevraagteken die juistheid van daai verbindings-s in Koningskobra. Maar ek kan verkeerd wees.

12:17 AM  
Blogger Do Kwang said...

Lam, lees my ook by http://positiewedenke.blogspot.com

8:41 PM  
Blogger Lammervanger said...

Arcadia - ek het my PhD verwerf in die ongetemde veld van Polimeerwetenskap. Ek het reusagtige molekules gemaak, gekyk hoe hulle lyk, gekyk wat hulle doen en toe probeer voorspel wat ander soos hulle nog altyd wou doen. Amper soos 'n tipe mense-studie.

6:53 AM  
Blogger Lammervanger said...

Prof jy is tien teen een reg oor die verbindings-s. My gedagtegang was besoedel deur die woord Koningswater - 'n supermengsel van sure wat gebruik word om hardnekkige goeters op te los.

6:54 AM  

Post a Comment

<< Home