My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Tuesday, July 25, 2006

Peuselhappies vir Bepeinsing

Die naweek se verloorsessie teen die All Blacks (alhoewel dit 'n verbetering na verlede naweek se skandes was) het my laat dink aan 'n staaltjie wat ek graag hier met julle deel. Dit gaan oor die onskuld van 'n kind - net soos in Angela's Ashes... 'n Pel wat saam met my gewerk het en sy broer se kind (wat so 7 jaar oud was ten tyde van die voorval), besluit om gou 'n rugbywedstryd uit te pak op die grasperk voor die huis terwyl halftyd aan die gang is op die TV. My vriend sê hy is die Springbokke en die outjie sê hy is die All Blacks. Aangesien dit 'n regte rugbytoets was, moes die onderskeie volksliedere eers natuurlik gesing word. Die outjie kom toe vinnig agter dat hy nie die Nieu-Seelandse volkslied ken nie, en kap toe "Toemaar Oom, ek vat maar Loof Hom met die Tromme." Die soete onskuld darem.

Ek was gister by die tandarts gewees. As Die Lewe 'n spyskaart van keuses gehad wat jou sou kon toelaat om dinge te kies in pleks daarvan om na die tandarts toe te gaan, sou ek eerder die volgende gekies het: Forseer platpuntskroewedraaier in eie oog in, druk kaal voete onder geroeste grassnyer in, druk koppiespelde onder vingernaels in en gaan speel vang-vang-verlos, druk hekelnaalde onder toonnaels in en gaan oefen dan skepskoppe saam met Naas Botha en hardloop in 'n Pitbull teelplaas rond terwyl jy met lamsbloed besmeer is nadat die onderkant van jou voete met 'n warm strykyster vermink is. Maar soos gewoonlik was dit onnodig en kon die tandarts nie uitgepraat raak oor my mooi gebit nie. Hier sit ek nou op 29 (30 op die 2de September) sonder 'n stopsel, draad of kroon in my smoel. Sy was so vriendelik dat ek amper uitsien na my volgende afspraak.

3 Comments:

Blogger Lammervanger said...

O ja, ek het vergeet om te noem dat ek van julle se blogs aan die linkerkant gesit het met 'n pittige lyn as skakel. Almal was sonder toestemming - as jy wil hê ek moet dit afhaal, laat my weet en as jy joune daar soek, laat my ook weet.

11:28 AM  
Blogger Do Kwang said...

Dis die Paarl se drinkwater wat jou so goed doen. My tandarts het my tien jaar gelede gesê ek hoef nie weer te kom nie, en ek het ook nie.

5:35 PM  
Blogger maeree said...

jou lys alternatiewe laat my uitsien na my volgende tandarts besoek.

7:51 PM  

Post a Comment

<< Home