My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Friday, August 04, 2006

Ek is Briesend

Ek het vroëer die week 'n interessante program oor die favelas van Brasilië gekyk. Dit is basies hulle weergawe van 'n plakkerskamp. Die volgende dag pak ek toe 'n stewige Wikipedia-sessie uit om meer te lees en tipies van Wikipedia delf ek dieper en dieper. Van favela na plakkerskamp in Suid-Afrika en daarvandaan na vuurwapenprobleme in Suid-Afrika en toe eindig ek by die plaasmoorde-probleem in ons land. Aan die einde van daai spesifieke Wikipedia-bladsy was daar 'n skakel na 'n eksterne webpage wat gewy word aan plaasmoorde (die crimexposouthafrica webpage ding is glad nie 'n nuwe storie nie, dis net die een wat by verre die beste bemark is). Op daai bladsy is daar statistieke en gruwelike foto's (moenie daarnatoe gaan is sulke dinge jou ontstel nie) van plaasmoorde. Die foto's is geneem deur polisiebeamptes of familielede wat eerste op die toneel afkom het. Eers as jy daai foto's sien verstaan jy wat die sin "die boewe het hom voorgelê en hom in die gesig geskiet" wat mens in die koerantberig lees, regtig beteken. Daar is geen verskil tussen mens en dier tydens hierdie episodes nie - mense word diere en hulle word van kant gemaak soos diere deur diere. Ek dink nie ons begryp hoe geweldadig en gruwelik daai mense doodgemaak word nie. Ek het net so vinnig deur die foto's gescan, maar een het in my kop vasgesteek en dit is die rede hoekom ek hierdie uiting-gee-sessie nodig het. Die foto wys hoe hulle 'n wit outjie opgehang het aan sy nek. Daar is geen bloed op hom nie, maar die arme outjie het nog sy skoolklere aan. Ek kom van 'n klein dorpie af en ek weet hoe die kinders Vrydag by die koshuis opgetel word en dan uitsien om die naweek plaas toe te gaan. Bliksem die ou lyk nes een van my neefs op een van daai ou klasfoto's. Baie van die slagoffers is oud en is nog in hulle pajamas, baie van die slagoffers is arm en kon nie dubbele elektriese heinings bekostig nie. My oom-hulle moes skuif van hulle plaas af omdat hulle bure vermoor is - dit was 'n kwessie van tyd voordat dit hulle beurt was.

Ek lees nou die dag van 'n boer wat by Marble Hall op sy plaas vermoor is. Hy het twee weke voor die aanval by die provinsiale regering gaan kla oor die plaasgeweld. Vier ouens met balaklawas, gewere en koeëlvaste baadjies. WAT DE F%K?!?! G'n wonder die boere dink die regering is in die mix nie. Hoe de hel verdedig jy jouself en jou familie teen mense met koeëlvaste baadjies en masjiengewere?? 1700 (of so iets) mense is al doodgemaak op plase. Hoe groot is 'n gemiddelde plaas? Dan kan jy uitwerk watse deel van Suid-Afrika absoluut skoongemaak is. Ons het nie 'n benul wat daai mense daagliks deurmaak nie.

Ek is die eerste ou wat sal sê dat baie boere vir die onvermydelike soek deur hulle werkers sleg te behandel en te verneder. Die swart volke is trotse nasies wat al klaar verneder word deur die feit dat hulle op plase moet werk, slegte behandeling is soek vir moeilikheid. Ek is besig om 'n redelike goeie boek genaamd A History of South Africa deur Frank Welsh te lees. Ongelooflik hoe die blankes en die swart stamme destyds mekaar om die beurt vermoor het. Dis amper asof niks verander het nie. Daai gewelddadige konfrontasies gebeur vandag nog. Dit was een van die groot redes vir die Groot Trek - en dit is hoekom van die meer konserwatiewe boere parallelle trek met destyds en nou. Ek verstaan wat hulle probeer sê.

Ai tog, ek is verskriklik lief vir Suid-Afrika en ek glo dat dit 'n sukses sal wees. Daar is nog ontsettend baie haat in ons land en solank dit daar is, sal hierdie goed voortgaan. Vir die boer in Limpopo is 'n swart man 'n plaaswerker en iemand wat gewatch moet word anders kom maak hy jou dood. Vir my is 'n swart man enige iets van 'n misdadiger tot iemand wat saam met my 'n PhD verwerf het. Met ander woorde dieselfde persoonlikheidsverspreiding as wat blankes in my oë het. Apartheid het groepe agter gelaat wat mekaar nie ken nie en mekaar nie wil leer ken nie want hulle vertrou mekaar nie. Absolute saadop.

Dankie vir julle aandag.

O ja - moet asseblief nie hierdie verwar met 'n bitch-sessie oor Suid-Afrika nie. Dit is nie wat dit is nie. Hierdie goed ontstel my as mens want ek het familie en vriende op plase en ek kyk na my Ouma en dink aan tannies soos sy met wie hierdie goed gebeur.

5 Comments:

Blogger Lammervanger said...

Ek stem saam dat stres/emosies jou tot iets kan dryf wat jy later ontgeld en werklik oor spyt is. Ek twyfel egter of die mense wat ek hier bespreek het, slapelose nagte het oor wat hulle gedoen het.

1:34 PM  
Blogger Lammervanger said...

O ja - ek is bewus van die huisgeweld-probleem in Suid-Afrika. Ek is 100% seker dat dit 'n produk is van die onderliggende stres waaronder ons samelewing hom bevind deur die konstante blootstelling aan geweld.

1:36 PM  
Blogger maeree said...

ek het 'n vraag oor die foto's op die ou plaasmoorde website (dieselfde foto's is ook op die crimexpo ene): hoe weet ons dit is wat hulle sê dit is? baie van daardie foto's kon enige plek in die wêreld geneem gewees het, vir al wat ons weet. dit kan selfs ook iets anders uitbeeld as wat hulle sê (ek dink bv aan 'n foto van 'n babatjie met 'n lang beskrywing van marteling). as iemand wat gereeld by snopes.com uithang, is ek baie bewus van die bedrog/urban legends/verwarring wat oor die internet versprei. so ek wonder maar net.

6:41 PM  
Blogger Lammervanger said...

Ja wel, ek skat die foto's hammer maar net op die punt dat die goed wel gebeur en dit pis my af.

Maar ek is nou klaar gebitch en ek voel beter dankie.

10:50 AM  
Blogger AristoNeeks said...

*yikes*

na ek die post gelees het, wil ek eerder nie na die foto's gaan loer nie.

dis hierdie tipe ding wat my sprakeloos laat. my oupa-hulle sit ook alleen op 'n plaas in die middel van nêrens.

wat is daar dan te gain daaruit om 2 weerlose ou mense so om die lewe te bring?

geen boere = geen kos.

is dit moeilik om te verstaan??

6:17 PM  

Post a Comment

<< Home