My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Wednesday, July 12, 2006

Die Derde Vryheidsoorlog

Ek het gister 'n berig in Die Burger gelees waar André P. Brink vertel hoe ons nie meer optimisties oor Suid-Afrika kan wees nie. Ek het nie 'n probleem met die berig nie, maar in daardie een enkele (daardie is 'n voorbeeld van 'n toutologie dink ek) berig het ek met die volgende te doen gekry: Insident, regstreekse proporsie, eskalerende en apatie... Wat de hel het geword van voorval, direkte eweredigheid, toenemende en afsydigheid?!

Ek en Oom Paul knipoog vir mekaar en wonder of die naaste anglisisme deesdae meer gesofistikeerd (daar trap ek ook in die hondestront) klink as die gepaste Afrikaanse woord...? Ag nee sies kêrels!

Dan begin ek nie eers met die feit dat sommige beriggewers behep (geobsesseerd) is daarmee om Engelse begrippe woord vir woord na Afrikaans te vertaal nie, soos byvoorbeeld "vir die duur van die hofsaak". Watse snert is dit?

Die Afrikaanse taal het 'n woordeskat wat alreeds soveel mooi beskrywende woorde bevat. Die anglisismes wat voorgelê word is net omdat mense al hoe luier raak om te dink. Ek wil die goed nie in my Afrikaanse koerant sien nie.

Eskalerende het my amper laat vomeer (ek bedoel braak/opgooi). Taalstryders val aan!!

As jy nie vir drie ander mense van hierdie blog vertel nie gaan daar binne die volgende sewe ure 'n klavier op jou kop val.

12 Comments:

Blogger PienkZuit said...

Ek weet nie of jy gesien het dat Chris Brink die US verlaat aan die einde van die jaar nie? Nou gaan die taalstryd eers interessant word dink ek. My raaiskoot is dat Prof Lisbeth Botha die volgende rektor gaan wees.

2:03 PM  
Blogger Lammervanger said...

Ek begryp dat nuus verstaanbaar oorgedra moet word, maar dit beteken nie dat ons dit nie in Afrikaans hoef te doen nie. Julle is die verhoog waar Afrikaans gaan oorleef of nie! 'n Dawerende handeklap (amper sê ek applous) gaan ontvang of by die agterdeur uitglip en in die agterstraat gaan mos suip.

2:31 PM  
Blogger Do Kwang said...

Soos die Boeddha gese^ het: "Ram ge kyo, yeng ge kyo."
Lam, jou sentimente is eerbaar, maar dit gaan nie help jy skree dit in die kuberruim in nie. Stuur eerder 'n epos na dbmening@dieburger.com , dan kan dit as 'n lesersbrief gepubliseer word en dalk 'n daadwerklike impak he^. Jy kan selfs vra dat hulle 'n skuilnaam pleks van jou gebruiklike nomenklatuur gebruik.
Intussen wonder ek of jy nie jou Ter Wille van Oorlewing styl Veldfokusrubriek oor koudbloedige satanspeeksels wil voortsit en iets oor die 10 meter lange koning kobra wil tik nie. Hy eet net ander slange!

12:09 AM  
Blogger renklem said...

Ek stem 100% saam. Hou ons mooi taal skoon van anglisismes. Dit is immers 'n Afrikaanse koerant. Ek besef dat daar elke dag nuwe konsepte ontstaan waarvoor daar dalk nog nie voorsiening gemaak is in ons taal nie, maar nuutskeppinge is tog sekerlik beter as anglisismes? En as daar reeds woorde bestaan...gebruik hulle.

4:48 AM  
Blogger Do Kwang said...

Daar is darem niks so mooi soos Afrikaans wat tot sy reg kom nie!
Ek dink die adres wat ek hierbo wou verskaf, moes gewees het dbmenings@dieburger.com
Probeer albei, dan sal jou stuk wel by die brieweredakteur uitkom.
Sterkte met jou admirabele kampanje!

5:11 AM  
Blogger Do Kwang said...

O, en Richard, die goeie geld is op Russel Botman.

5:12 AM  
Blogger Lammervanger said...

Ag nee Prof man! Ek het daai "Ter Wille van Oorlewing" lyn in my spens gebêre vir later! Nou moet ek aan iets anders dink. Ek gaan vandag 'n brief aan die Volk se Mondstuk writeer oor die kanker wat ons Taal opvreet. (Ek neem besit van daai nuutskepping/neologisme) Ek is nou so opgesaaik - ek moer sommer in Ozzie hier by die werk met 'n afgesaagde loodpyp. Ek sal môre 'n FAK sangbundel saambring en dan sing ons almal saam.

6:24 AM  
Blogger Lammervanger said...

Ons gebruik dit om Ozzies te vermink. Dit raak al hoe moeiliker om in die hande te kry.

6:15 AM  
Blogger maeree said...

Wat, die Ozzies of die afgesaagde loodpype?

10:43 PM  
Blogger Lammervanger said...

Eers die een, toe die ander...

6:49 AM  
Blogger Voetstoots van Tonder said...

ek moet jou felisiteer met 'n baie treffende stukkie skryfwerk - is die brief toe gepubliseer? ek bedoel geplaas?

7:10 PM  
Blogger Lammervanger said...

Die brief is nog nie geplaas nie. Ek weet nie hoekom nie...

1:52 PM  

Post a Comment

<< Home