My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Friday, December 08, 2006

Slegte Nuus eerste of Interessante Nuus eerste?



Ek sal die slegte nuus eerste breek. Die Tasmaniese Duiwel (Eng. Tasmanian Devil) is besig om uit te sterf teen 'n belaglike tempo. Die Tasmaniese Duiwel het bekendheid verwerf danksy die Looney Tunes karakter Tazz. As dit nie vir hom was nie sou niemand seker eens geweet het van die skepsel nie. Daar is 'n aansteeklike, kankeragtige siekte (Devil facial tumour disease) met 'n 100% sterftesyfer wat besig is om 'n pad deur die bevolking oop te kap. Die bevolking het in iets soos tien jaar van 140 000 na 80 000 getuimel... Die aansteeklike kanker vorm gewasse in en om die mond en dit kan so erg word dat hulle oogballe uitspring. Op die ou end is die gewasse so erg dat die dier nie meer kan eet nie en dan van die honger omkom. Al is daar 'n vyfgang maaltyd wat reg voor hom is... Die kanker word oorgedra wanneer die diere mekaar byt (hulle doen dit gereeld), wanneer hulle van dieselfde kos eet en wanneer die paringsdaad hand uitruk. Die situasie is so erg dat twee groepe gesonde diere tans in aanhouding is sodat die spesie se voortbestaan gewaarborg kan word...

Gesonde kalant

Kalant wat binnekort die tydelike met die ewige gaan verwissel

Nou vir die interessante nuus. Dit het eintlik 'n rukkie gelede as plaasgevind en ek wil weet of enige iemand al hoegenaamd so iets beleef het. Dit was iemand se verjaardag en ons was besig om bier te drink en te kyk hoe die Springbokke vir Frankryk pomp - ek sê mos dit was 'n rukkie terug. In die agtergrond is twee meisies (deel van ons groep, een SAner en een Ozzie) besig om mekaar aan te vat in pool. Skielik verval hulle altwee in die gewoonte om die gat waarvoor die ander een aan die mik is, te vloek en obsene vingertekens te wys. Die volgende oomblik doen hulle altwee daai roetine waar jou wysvinger stilstaan voor jou gesig terwyl jou kop heen en weer beweeg terwyl jy die ander een lekker slegsê. Hulle gee mekaar goed lip en toe val die eerste shot. Ja die eerste shot! Die een girl bliksem die ander girl met 'n snoekerstok. En ek praat nou van bliksem. Ek kon dit nie glo nie. Die ander meisie byt ook toe sommer 'n lukrake ou wat die twee uitmekaar probeer kry op sy arm. Ek het nie geweet was om te doen nie, toe spuit ek hulle altwee maar nat met 'n brandslang en stamp hulle in 'n vlak modderbad in.

Ek het in my lewe nog nie so iets gesien nie.

Photobucket - Video and Image Hosting

10 Comments:

Blogger rondloper said...

Wie't eerste geslaan? Die Aussie? Nee, nog nooit so iets gesien nie. (Transvestiete in Thailand wat mekaar met hul handsakke moer tel seker nie.)

10:52 PM  
Blogger Voetstoots van Tonder said...

as mens aanvaar dat die girl op die foto een van die twee was wat pool gespeel het, ontstaan die vraag: hoekom het jy jou tyd gemors deur rugby te kyk?

11:12 PM  
Blogger Do Kwang said...

Ek het alles geglo totdat jy 'n modderbad bygesleep het.

7:13 PM  
Blogger arcadia said...

nothing like a chick fight.

4:46 AM  
Blogger Lammervanger said...

Die modderbad-deel was 'n persoonlike fantasie.

12:45 PM  
Blogger maeree said...

het jy geweet dat die spinnekop in lord of the rings se geskree eintlik dié van 'n tasmanian devil is? 's true.

4:46 PM  
Blogger Lammervanger said...

Maeree, ek sukkel om dit te glo...

6:24 PM  
Blogger Do Kwang said...

Lam, jy moet my seblief help deur my vriend Pienk Zuit se foonnommer of eposadres (wat okal jy het) vir my te stuur by 12346624@sun.ac.za
Ek probeer vir Zuit dringend kry - maar sedert my foon geboef is, het ek geen kontakbesonderhede meer vir daai speler nie.

8:04 PM  
Blogger dorothy said...

that's so sad - not that they're particularly pretty or anything (talking about the tasmanian devils here). if they are wiped out, how does it affect the balance? what do they eat? and who eats them?

4:13 PM  
Blogger Lammervanger said...

I agree Dorothy - there is a disturbing statistic somewhere that states how many species we are losing every day. Permanently. We are talking more than one per day here. Every day!

7:40 PM  

Post a Comment

<< Home