My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Friday, September 08, 2006

Ontmaskering

Aangesien die Pienk Pak en Prof se pel Kwang dit op hulself geneem het om my te ontmasker, het ek dit gedink dat ek myself maar seker kan voorstel met 'n paar beter kiekies...

Hierso eet ons lekker.



Hier het ek lekker vir almal gebraai nadat 'n kangaroo amper my einde veroorsaak het.


Hier wonder ek.

Hier wonder ek nie meer of ek my PhD gaan klaarkry nie.



3 Comments:

Blogger maeree said...

aaawwww. ek hou van al die foto's wat van jou op die blogosfeer rondsweef.
is dit die vrou met wie jy in sonde saam leef?

7:16 PM  
Blogger Do Kwang said...

Goeie bliksem, maar jy het oud geword!!! Magtag!!
Hei, is daai blondine op die boonste foto jou spesiale damesvriendin?

2:17 AM  
Blogger Lammervanger said...

Daai is die meisie wat my in die hel gaan laat beland ja.

9:36 AM  

Post a Comment

<< Home