My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Wednesday, August 30, 2006

Ek sê vir jou dankie, ek sê vir jou tot siens

Die laaste ding wat ek gister by die werk aangepak het voordat ek huis toe is vir die aand, was my bedankingsbrief. Nie so maklik as wat mens dink nie...

Ek het hom vanoggend vir die MD gaan gee en toe gesels ons sommer lekker vir meer as 'n halfuur oor hoe moeilik dit is vir maatskappye om uitmuntende jong talent in die hande te kry, maar selfs meer belangrik, om hulle te hou.

Nou gaan ek lekker pendel tussen Sydney (hoofkantoor), Newcastle in NSW (een aanleg), Coega in PE (ander aanleg) en Stellenbosch (ons SA prokureurs).

Sal julle later bederf met detail.

4 Comments:

Blogger Do Kwang said...

Maar is dit nie ook die lekkerste gevoel in die we^reld om daai brief te oorhandig nie? Speaking from experience.

8:43 PM  
Blogger Lammervanger said...

Dit was een my beste ego-oppompsessies nog. Daai wete dat jou bedankingsbrief alreeds mooi getik en in sy geseëlde koevert hier langs jou lê, en dat al die beloftes wat jou baas aan die maak is, niks saak maak en geen invloed op jou besluit gaan hê nie. So jy laat hom maar klaar praat oor die ongelooflike loopbaan wat hy vir beplan - en dan oorhandig jy nog steeds die brief.

6:21 AM  
Blogger Voetstoots van Tonder said...

geluk en sterkte...dit wat jy skryf laat my dink aan 'n boek wat ek 'n paar jaar gelede gelees het: Houdini's Box - nie regtig oor Houdini self gegaan nie, alhoewel Houdini voorgehou word as verteenwoordigend van sekere beginsels wat in die boek bespreek word - kortliks, in die konteks van jou situasie: die opwinding wat enigeen van ons beleef wanneer ons van ons huidige realiteit (bv. werk) "ontsnap"
- ek haal aan uit 'n resensie van die boek op Amazon: "We cannot describe ourselves without also describing what we need to escape from, and what we believe we need to escape to," argues psychoanalyst Phillips (Promises, Promises; On Monogamy; etc.). He explores literature and mythology from Adam and Eve to Icarus to Emily Dickinson for allegories of escape, but dubs Houdini, the great escape artist, as "the modern role model"...

7:26 AM  
Blogger rondloper said...

My briefie het ek al amper twee jaar gelede ingedien en ek is nog steeds my eie baas. Dis die lekkerste gevoel denkbaar. So waarheen gaan jy? Billiton?

6:57 PM  

Post a Comment

<< Home