My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Tuesday, June 13, 2006

Skade


Dit is hoe dit lyk nadat 'n kangaroo uit die bosse langs die pad tree en op jou nuwe Corolla se enjinkap spring terwyl jy teen 100 km/h oppad is om 'n langnaweek te geniet. Dit het twaalf-uur die nag gebeur in 'n gebied sonder selfoon-opvangs. Gelukkig was daar 'n maatjie wat saamgery het in 'n ander kar. Die duik teen die kant was deur die buideldier se kop veroorsaak wat toevallig ook 'n sliert groen braaksel bestaande uit fyngekoude bloekomblare agtergelaat het.

5 Comments:

Blogger PienkZuit said...

Hey, lekker mags bra!

5:02 PM  
Blogger Do Kwang said...

Is dit jou kar daai wat so deur die springhopper gedent is, skaap?

1:31 AM  
Blogger Lammervanger said...

Dis my kar ja... Die kar kom uit met daai mags bru.

6:26 AM  
Blogger PienkZuit said...

Is dit jou blyplek in die agtergrond? Ek sien daar's 'n gas barbie, en die gras het 'n sny nodig...

2:47 PM  
Blogger Lammervanger said...

Nee dit is die plek waar ons gebly het vir die naweek. Dis in Mudgee, so drie ure wes van Sydney.

6:33 AM  

Post a Comment

<< Home