My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Wednesday, May 31, 2006

Die Tevergeefse Hunkering


Na my onlangse bydrae oor Stringfellow Hawke het die heimweë my behoorlik beetgepak. Soveel so dat ek besluit het om julle almal te beloon met 'n blog oor die A-Team! Ek regverdig hierdie bydrae deurdat daar 'n duidelike behoefte onder my lesers bestaan om meer oor 80s TV te sien. Want kinders was mos kinders, toe ons nog kinders was. (Die laaste sin moet gelees word op die deuntjie van daai ander liedjie)

Hoe dit ookal sy, van links na regs het ons vir:

Dirk Benedict as Lt. Templeton "Faceman" Peck: Hy is gediagnoseer met prostaatkanker deur 'n waarsegster in Italië, maar hy het die siekte oorwin deur 'n makrobiotiese of een of ander belaglike (of miskien nie...) diëet te volg.

George Peppard as Col. John "Hannibal" Smith: Hy is in 1994 oorlede aan longontsteking. Hy was 'n kettingroker en 'n alkoholis vir 'n groot deel van sy lewe.

Dwight Schultz as Capt. H.M. "Howling Mad" Murdock: Hy vervaardigers van die reeks het gedog hy is te mal vir die storie, maar moes die karakter hou omdat die gepeupel so baie van hom gehou het.

Mr. T (regte naam Lawrence Tureaud) as Sgt. Bosco Albert "B.A." Baracus: Hy het in 2005 besluit (nadat hy die afskuwelike smart en lyding van die Orkaan Katrina ramp aanskou het) om al sy goue kettings weg te smyt. Ek het eenkeer 'n pakslae gekry omdat ek my broer Sucka Fool genoem het (dis wat BA altyd vir Murdoch gesê het). En eenkeer toe ek Michael Jackson se Beat It gesing het terwyl ek met my een hand my skrotum vasgegryp het en met my ander vinger na my broer toe gewys het.

2 Comments:

Blogger PienkZuit said...

Skrotum gryp in die openbaar kan lei tot allerhande ander goed, en dit eindig op die ou end in hard drugs en werkloosheid.

2:46 PM  
Blogger Do Kwang said...

Mr. T het self onlangs 'n lang stryd teen kanker gewen. Hy het ook in die openbaar gese^ "Any man who aint nice to his momma is a fool!" In een of ander onderhoud.

3:52 PM  

Post a Comment

<< Home