My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Thursday, May 25, 2006

Die Vrug van my Lende


Hierdie televisie-advertensie is tans te sien op Australiese TV. Die produk is lamsvleis en die advertensie is gemaak soos 'n parfuum-advertensie. Twee modelle (een manlik en een skraps geklede dame) huppel in stadige aksie deur lentebloeisels na mekaar toe. Die man hou dan 'n lamtjop (waarvan die vet afgesny is) na haar toe uit. Die advertensie eindig met haar wat in 'n Franse aksent sê "I love you Lam". (Met die Lam wat perfek in Afrikaans uitgespreek word.)


Al te snaaks sê ek nou vir julle.

3 Comments:

Blogger PienkZuit said...

Klink na 'n wenner, JacoRRRRRRRRR.

3:36 PM  
Blogger PienkZuit said...

RRRRRRRRRricheleuuuuuuuuuuu

6:57 PM  
Blogger ericat said...

oulike opskrif van jou blog. Dit is nou een ding waar ek geen talent mee het nie, die opskrif. o.a. Ons is vanuit Namibië na SA. Groot grap, pan in die vuur, maar dit is goedkoper en ons pensioen is bietjie klein. Ons verlang m*rse na Namibië en dit bring my na wat ek wou vra. Kan ons asb. skakels ruil? Dit is moeilik om Afrikaanse skakels te vind. Op hierdie manier sal ons meer gesien word. My blog is http://sonkantbo.blogspot.com laat asb. net 'n boodskap en die skakel wat jy wil hê ek moet plaas.

9:26 PM  

Post a Comment

<< Home