My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Wednesday, May 17, 2006

Die Helde Val

Ai die Australiërs darem...

Hierso is Rex Hunt (ex-Aussie rules rugbyspeler, sosiale kommentator en visvangkoning) pas uitgevang dat hy oor 'n tydperk van vyftien jaar vir drie dames betaal (BETAAL!!) het om buite-egtelike verhoudings met hom te hê en seksuele gunsies te verleen as Rex 'n uitputtende dag agter die blad gehad het. Dis nou nadat hy in sy outobiografie ander mense sleg gesê het wat dieselfde dinge doen...nou is Rex aan die smeek om vergifnis.


Dit het my laat dink aan die dag toe my ma (met absolute goeie bedoelings) die artikel oor Stringfellow Hawke/Jan-Michel Vincent, helikopter pilot en elke jong seun se held, uit die Huisgenoot geskeur het voordat ons dit kon lees, want dit het gegaan oor sy suipery en dwelmmisbruik. Sy kon ons nie aan daardie teleurstelling blootstel nie... Toe stap ek maar Pick 'n Pay toe en gaan lees die artikel daar. Ek was nie eens ontsteld nie.

Ek was baie meer onsteld gewees toe die ou (Jon Erik Hexum) van "Onder die Dekmantel" homself per ongeluk vrek geskiet het...


Daar is julle 80's TV trivia vir die dag sommer ook!

5 Comments:

Blogger PienkZuit said...

Ek was nogal geskok deur daardie Huisgenoot artikel, maar net omdat Stringfellow Hawke 'n leotard aangehad het op een van die fotos. Maar dan weer, dit was die 80s : dekade van swak smaak in meeste goed.

3:23 PM  
Blogger PienkZuit said...

This comment has been removed by a blog administrator.

3:27 PM  
Blogger Do Kwang said...

Stringfellow Hawke! Ek het al die naam vergeet.

10:59 PM  
Blogger Lammervanger said...

Ons durf nie vir Stringfellow, BA en McGyver vergeet nie! Amper soos die Plek...

6:05 AM  
Blogger maeree said...

ek het my oë dik gehuil toe daai ou dood is - hy was vir my tienerjarige gemoed die mooiste man ooit.

6:30 PM  

Post a Comment

<< Home