My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Monday, March 27, 2006

Die skare smeek vir nog. Wat het hy die naweek gedoen wonder hulle seker... Ek help hulle gou uit:

  • Ek het Vrydag vir Hostel gekyk. Dis die nuwe Quintin Tarantino fliek... Dit gaan oor beeldskone dames wat bronstige reisigers verlei in 'n klein dorpie naby Bratislava in Slovakye. Op een of ander stadium word daar dan 'n pil in jou dop geglip en dan word jy wakker in 'n donker kamertjie waar jy aan 'n stoel vasgebind is. Kliente kan dan kies waarmee hulle jou wil martel. Enige iets van handbore, randsnyers en sweisvlamme tot disseksiestelle en naelknippers doen die ding.

  • Saterdag ontbyt in Manly. Dis waar die Suid-Afrikaanse sportspanne gewoonlik tuisgaan. Ek het niemand gesien wat bekend gelyk het nie.

  • Sondag moes my wederhelf 'n driekamp gedoen het, maar die organiseerders moes die swem afstel oor al die reën. Om een of ander rede hou Australiërs daarvan om rioolpype by hulle beste strande te laat uitmond. As dit reën verander dinge dan in 'n kakkerasie en ou toiletpapier raak om jou kuite verstrengel.

7 Comments:

Blogger PienkZuit said...

Sluit enige van die martel tegnieke 'n kombinasie van melk, bostik en 'n gloeilamp in? Want dan sal ek dit moet gaan kyk...

9:32 PM  
Blogger Do Kwang said...

Mag dit ook marteling van die onderlyf insluit, bv, kan jy 'n mes teen die ou se geliefde troeteldier se keel hou en dan se^ jy gaan die hond vermoor as die man nie sy eie skrotum met 'n stomp mes oopkloof nie?

10:18 PM  
Blogger Lammervanger said...

Nee, die man se hande en voete is vasgeboei aan 'n stoel. Maar jy mag sy geliefde persiese kat se kop voor hom onder 'n geroeste grassnyer indruk en die eienaar se reaksie bestudeer.

12:32 PM  
Blogger Do Kwang said...

Maak net sy een hand los. Vertel hom jy gaan sy ma saam met vyf giftige slange en twee betonblokke in 'n streepsak toebind en dit in 'n rivier gooi. Vertel hom jy sal sy ma spaar indien hy 'n breinaald in sy eie oog steek.

8:48 PM  
Blogger Lammervanger said...

Of jy vertel hom dat jy sy kinders op 'n treinspoor gaan vasbind as hy nie koppiespelde onder sy naels indruk en sy eie tepels met 'n naelknipper afknip nie.

5:38 AM  
Blogger Do Kwang said...

Se^ vir hom jy gaan sy geliefde ma teregstel as hy nie sy eie penis met 'n aartappelskillertjie afskil nie. Wag totdat hy klaar sy geslagsoorgaan ontvel het, en vermoor sy geliefde moeder dan in elkgeval.

11:51 PM  
Blogger PienkZuit said...

Bliksem maar julle oud-Paarliete is wrede mense!

2:30 PM  

Post a Comment

<< Home