My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Wednesday, April 18, 2007

Treffersparade III

Hier is 'n lys van my top drie bandjies-wat-ek-geluister-het-totdat-hulle-getrek-het bandjies (Eng. tapes):

1) Modern Talking - Best of
2) Bad Boys Blue - Queen of Hearts
3) Jive Bunny and the Mastermixers (Die rooi een)

Bryan Adams se Waking up the Neighbours het ook nogal houe gevat. En my buddy se 2 Unlimited tape.

28 Comments:

Anonymous Anonymous said...

My eerste bandjie was Kylie Minogue.

12:46 PM  
Blogger Lammervanger said...

My HEEL eerste een was Now That's what I call Music Vol 13 met U can't touch this van MC Hammer en Unskinny Bop van Poison op.

12:59 PM  
Anonymous Anonymous said...

Weet jy dat daar 'n advertensie vir die Wit Ekonomiese Alliansie op jou blog is?

Ek ken mense wat nog steeds al die woorde van Ice-ice Baby kan opsE.

1:01 PM  
Blogger Lammervanger said...

Ek het al gehoor dat daai advertensie sy kop uitsteek. Maar so ook die dansskool in Swede. Ek het nog nie by een van die twee aangesluit nie... Ek ken mense wat die woorde van We didn't start the Fire kan opsê.

1:05 PM  
Blogger Freddy said...

My eerste LP was Haas Das se nuuskas vir R3

1:55 PM  
Anonymous Anonymous said...

Roxette Tourism...

2:38 PM  
Blogger Lammervanger said...

Roxette se Joyride was my tweede tape.

2:40 PM  
Anonymous Anonymous said...

My eerste bandjie was Milli Vanilli (die een wat hulle nie self gesing het nie).

Op die tema van advertensies: ek sien nie meer advertensies op webblaaie nie. Ek gebruik Firefox as browser (in plaas van aaklige, gevaarlike Internet Explorer), en het die adblock en adblock filter extensions ge-installeer. Adblock blok alle advertensies, wat die internet net soveel meer aangenaam maak. Beste van alles is dis alles verniet, en baie veiliger as Internet Explorer.

2:45 PM  
Anonymous Anonymous said...

Wow, Zuit. Ek hoop jy maak sakke vol geld in die bemarkingsbedryf.

My tweede bandjie was Roxette se Look Sharp.

Na na nananana, na na nananana, She's got the look... Look sharp!

2:51 PM  
Blogger Adam said...

My eerste bandjie was van Bon Jovi. Ek kan gladnie die naam onthou nie. Daar was so granieterige ding voorop waaruit die woorde 'Bon Jovi' gebeitel is.

Wat was jou heel eerste CD?

Myne was Automatic for the People van R.E.M.

3:39 PM  
Blogger Adam said...

PS. Ek het hom nog onder in Sterland gekoop. Weet iemand of daar nog 'n musiekwinkel is?

3:39 PM  
Blogger Lammervanger said...

My eerste CD was Best of Chris Rea. Ek is 'n Best of sucker.

3:50 PM  
Anonymous Anonymous said...

Onthou julle nog vir 24/7 (Slave to the music) en Hadaway(What is love)?

3:51 PM  
Blogger Lammervanger said...

Ek het lekker in Drie Ankers op Stilbaai toongestoot op Haddaway!

3:52 PM  
Anonymous Anonymous said...

Adam, bestaan Sterland ooit nog? Dis waar ek die eerste keer ge-ysskaats het.

Eerste CD - Monster Hits III!, met Ace of Base ("I-i-h saw the sun..") en 2 Unlimited..

Tweede CD - Dr Alban

3:52 PM  
Blogger Cygnet Committee said...

Sterland is teen hierdie tyd seker Shebeenland!

Myne was Now volume 3 of 5. Kannie onthou nie.

4:55 PM  
Blogger Cygnet Committee said...

Dit was volume 5!
(Het hom gou gegoogle!)

5:00 PM  
Blogger maeree said...

eerste langspeelplaat - shaka zulu klankbaan (dis nou ná liewe heksie e.d.m.)
eerste kasset - jason donovan
eerste laserskyf - illuminations of hildegarde of bingen

5:41 PM  
Anonymous Anonymous said...

My eerste KS was Midnight Oil - Beds are Burning se single, en die Soundtrack van Labamba (het beide op een slag gekoop).

idiwidi - as mens die waarheid weet en dit nie verkondig nie, sal die klippe dit uitskree. Gebruik net Firefox, jy kan later vir my dankie sê.

6:21 PM  
Anonymous Anonymous said...

Daar wag vir jou 'n verrassing...

9:58 PM  
Blogger dai said...

my eerste tape was Michael Bolton.
Maar ek het my ma se Modern Talking plaat stukkend geluister.

als omtrent dieselfde tyd wat ek ook ge-yskaats het by sterland...

4:11 PM  
Anonymous Anonymous said...

Ek het een keer by jou op Heidelberg gekuier en toe was jou Roxette Joyride CD daar. Ek dink dit was einde st.8. Dit was ook die warmste somer op rekord in Hatties.

6:14 PM  
Anonymous Anonymous said...

My eerste was Climie Fisher (sp?) met Love changes everything en Rise to the occasion.

6:16 PM  
Blogger Voetstoots van Tonder said...

ek neem aan jy hou van die movie High Fidelity

my eerste gunsteling popliedjie was "Yesterday's Hero" van JPY

daar gee ek my ouderdom weg

12:41 AM  
Blogger Christine said...

Ek's bly nie een van julle hoef ooit vir my 'n mixed tape te maak nie!

Ek, daarenteen, het uitstekende smaak. (Behalwe vir my eerste tape: 'n TRIBUTE to Sandra & Jennifer Rush.)
Daarna was ek te suinig om enigiets te koop, en het al my broers se plate/tapes/CDs gecopy, totdat ek dit gratis kon download. Omdat hulle sulke goeie en uiteenlopende smaak gehad het, het ek nou 'n uiters gesofistikeerde palet. (Behalwe vir John Denver.)

1:32 AM  
Blogger Lammervanger said...

Christine dis great! Ek het eenkeer 'n tape gesien waar Bad Boys Blue vyf van Modern Talking se treffers sing en vice versa.

7:42 AM  
Blogger Christine said...

Ek kan nie help om af te lei dat jy ook Erasure en Alphaville in jou versameling het nie?

5:50 PM  
Blogger Lammervanger said...

JA! Hulle het ernstig gefeature in my standerd 9 jaar.

6:18 AM  

Post a Comment

<< Home