My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Tuesday, April 24, 2007

Loergat in my Lewe

Aangesien hier tans 'n gesellige tema van onthulling op die blogarena aan die afspeel is - spesifiek in terme van onbekende lukrake feite oor jouself kwytraak, het ek besluit om saam te speel terwyl ek poog om terselfdertyd non-konformisties te wees, net soos Die Plek my geleer het. Hier is vyf dinge wat ek nie gedoen het nie:

1) Ek was nie hoofseun nie
2) Ek was nie 'n kringleier nie
3) Ek was nie in die kinderkrans nie
4) Ek was nie in die Voortrekkers nie
5) Ek was nie NIE aangewys as die beste drilsersant in die Weermagsarea Groep 4 (Suid-Kaap) in my standerd nege jaar nie.

Ek kan al vyf verduidelik ook. (1) Die onderwysers by my skool het my humorsin verwar met 'n gebrek aan respek vir die wat respek verdien. Veral nadat een van hulle my eendag die uitskel van my lewe gegee het nadat ek "worsie" gesê het maar hy "aborsie" gehoor het. Dit was in antwoord op die vraag wat daar was om te eet by gisteraand se debataand. (2) Ek het te veel gesondig vir 'n kringleier. (3) Ek wou eerder op my BMX ry as om kinderkrans toe te gaan - 'n mens gaan mos in elkgeval klaar Sondae sondagskool toe. (4) Apartheid gaan nie werk nie en wanneer die swartmense die land oorneem, "gaan die Voortrekkers die mense wees wat eerste doodgemaak gaan word." Aldus 'n bekommerde familielid wat met die helm gebore was. Dit was genoeg vir my ma. (5) Ek was nog altyd goed met pas hou en bevele skreeu.

28 Comments:

Blogger Freddy said...

Jy is natuurlik ook GLAD NIE snaaks nie! (Die worsie ene was skitterend. Watter tipe onnie was DIT?)

8:00 PM  
Anonymous Anonymous said...

Jy was in die Kinderkrans Jy was in die Kinderkrans Jy was in die Kinderkrans Jy was in die Kinderkrans Jy was in die Kinderkrans Jy was in die Kinderkrans Jy was in die Kinderkrans Jy was in die Kinderkrans Ek was saam met jou in die Kinderkransklas!

8:54 PM  
Blogger Denker said...

Ek hou nou al vir n rukkie die blog dop op aandrang van n vriend. En ek lag soms oor wat hier kwytgeraak word. Maar net soms.. Ander kere wonder ek maar net. Helaas het ek ook nou maar my vooropgestelde idees oor die goed (blogs en soortgelyke internet-goed) laat vaar en ingespring. So as n groentjie op die gebied, se ek maar net: "Hallo". Ek herken darem sekere name soos die lammervanger en die pienk zuit. Ek het hulle eendag lank lank gelede by so ander Plek leer ken...(Ek wil dit net duidelik stel dat ek nie die lammervanger by kinderkrans, voortrekkers of enige van die bogenoemde organisasies ontmoet het nie.)

1:27 AM  
Anonymous Anonymous said...

Ek dog kinderkrans en sondagskool is dieselfde.

7:17 PM  
Blogger Lammervanger said...

Dit is waar Salige Rus die fout maak. Ek en Salige Rus was saam in die Sondagskoolklas, nie kinderkrans nie.

6:11 AM  
Blogger Lammervanger said...

Freddy - dit was ons biologie onderwyser wat 'n vinnige geselsie wou aanknoop voor die klok lui...dinge het liederlik verkeerd geloop.

6:13 AM  
Anonymous Anonymous said...

Al die cool kinders was in die Kinderkrans.
Lam, vertel vir die mens hoedat jy die grootste nerd in die Sondagskoolklas was en die enigste ou wat weekliks jou Sondagskoolhuiswerk gedoen het.

6:16 AM  
Anonymous Anonymous said...

Ek kan nie ophou lag oor nommer 4, en die gepaardgaande verduideliking nie.

3:56 PM  
Blogger Denker said...

Ek kan nie enige iets post nie. Is daar iets fout met die server? Dit bly vir my se 'The page cannot be displayed', en dan al die gewone goed wat mens op daai bladsy kry as dit gebeur. Weet enige iemand wat ek kan doen? Ek is raadop!

7:08 PM  
Anonymous Anonymous said...

pragtig :)

1:48 AM  
Anonymous Anonymous said...

Ek en jy het iets in gemeen... was self ook nie NIE beste Groep 4 Drilsersant(e) nie. Het nie geweet daar is nog iemand wat eers bewus is van so 'n prestasie nie.

PS: Is jy al op Facebook?

2:47 PM  
Blogger Lammervanger said...

Wie is jy anoniem...?

2:50 PM  
Anonymous Anonymous said...

Ken jou van Stellenbosch af en het so paar weke terug op jou blog afgekom. In die Kaap en het saam met een van jou ex-girlfriends gebly in Vredehoek.

3:04 PM  
Anonymous Anonymous said...

Wag - dit mag dalk verwarrend wees - nie saam met jou mees onlangse ex nie, maar 'n vorige een...

3:04 PM  
Blogger Lammervanger said...

A?

3:05 PM  
Anonymous Anonymous said...

Nee, J-E.
Ok - "ex" dalk 'n sterk woord.

3:09 PM  
Blogger Lammervanger said...

Okay - stop die klok...ek het hom. Dink ek anyway. Uitgegaan met JB op 'n stadium?

3:15 PM  
Anonymous Anonymous said...

Goed gedoen!

3:19 PM  
Blogger Denker said...

Na te veel van n gesukkel, het ek my blog na wordpress geskuif. Ek het probeer om my blogger site te link, maar eks nie seker of dit gewerk het nie. Julle kan my voortaan by http://denker79.wordpress.com opspoor. Ek sal van tyd tot tyd maar hier n draai ook maak.

12:57 AM  
Blogger dorothy said...

what is kinderkrans? it sounds frightening.
ok here are my five things that are not.
1) i have not jumped out of an aeroplane
2) i have not scuba dived
3) i have not eaten the tongue of an animal. or the brains for that matter.
4) i have not riden on a horse
5) i have not been to the cango caves

5:54 PM  
Blogger Unknown said...

Mnr. Lammervanger. Ek voel ek moet by die debat oor jou kinderkransbywoning intree. Eerstens, ek is seker jy was saam op 'n naweek se kinderkrans uitstappie Hartenbos toe. Daar is geen manier waarop jy dit sou kon bywoon sonder om deel te neem aan kinderkrans nie. Daar mag selfs fotografiese bewyse wees. Tweedens, siende dat al jou prooi op skool kinderkrans bygewoon het, dink ek regtig nie dat jy jouself die gulde kans by sulke byeenkomste om verder te jag sou laat verbygaan het nie.

6:09 PM  
Blogger Lammervanger said...

Dorothy - I have no idea what it is called in English. There is probably no word in existence... Basically it is like Sunday school on a Wednesday. Won't konw, I haven't been there...

Henlo - dit was 'n SKJA-uitstappie, nie kinderkrans nie. Wat my prooi aanbetref...ek onderskei nie meer tussen kinderkransbywoner en non-kinderkransbywoner nie. Suid-Afrika het aanbeweeg...

6:55 AM  
Blogger Do Kwang said...

Ek toets gou iets

4:45 PM  
Anonymous Anonymous said...

Laat weet maar as ons 'n kransie moet kom lE - daar gaan so min hier aan dat dit lyk asof die blog gesneuwel het.

5:00 PM  
Anonymous Anonymous said...

Daar is 'n Lamsak-vormige gat in die blogosfeer.

7:33 PM  
Blogger Lammervanger said...

Ek SMEEK om vergifnis. Werk is rof en het nog nie tyd gehad om pittighede kwyt te raak nie. Sal binnekort weer aktief wees...

1:03 PM  
Blogger Freddy said...

Lam
Ek is seker iemand is bly dat jy weer binnekort aktief sal wees. (Ek reken Virgin Active is irrelevant)

2:15 PM  
Blogger maeree said...

knock knock

5:25 PM  

Post a Comment

<< Home