My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Tuesday, May 29, 2007

Hy Haal Nog Asem

Ek verstaan nou hoekom blogs wat eens in 'n gesonde toestand en ooraktief was, ewe skielik sneuwel en ander bloggers in 'n diep put van depressie in smyt. Die antwoord is werkslas...nie noodwendig die ondraaglike aambei-, maagseer-, tandsteen en pitseervormende las-tipe nie, maar meer die blog-momentum wat onderbreek word. Skielik nie meer so baie tyd nie, skielik huppel blogidees nie meer deur jou kop nie, skielik is 'n week verby sonder 'n nuwe inskrywing, skielik is nog 'n week verby, skielik oorweeg jy dit om jou blog te staak, skielik dreig aanhangers jou met persoonlike verwerping en blogrol verbanning en skielik lê ek kaal en alleen in my bad terwyl ek saggies my duim suig met lou-warm water wat inloop en 'n ingepropte broodrooster wat regstaan op die bad se rand.

Gelukkig is ek nog nie in die elektriese-toebehore-in-die-badkamer-fase nie...

11 Comments:

Anonymous Anonymous said...

Die broodrooster is net vir toast!

Miskien moet jy dink aan iets wat jou regtig die moer in maak en jou gedagtes daaroor neerpen...

11:54 AM  
Anonymous Anonymous said...

Lyk my harde woorde is soms al wat help. Welkom terug.

Ek's seker jy voel nou sommer stukke beter?

Blog oor jou werk - dit klink baie interessant.

2:20 PM  
Anonymous Anonymous said...

Blog oor jou gunsteling Franse woorde.

2:48 PM  
Anonymous Anonymous said...

Ek weet hoe jy voel.

3:28 PM  
Blogger maeree said...

in die woorde van my kleinboet:
"ek wil nie verskonings hoor nie, ek wil oplossings sien".

9:26 PM  
Anonymous Anonymous said...

Ek verstaan presies hoe jy voel, ek dink ek is dalk net nader aan die elektriesetoebehorefase as jy. Baie nader. As ek sien is dit na 6 en ek werk nogsteeds, al blog ek is dit afgeskeep want ek het 10 minute om iets te skryf.

Ek's redelik gatvol.

Ek mis jou funny posts.

Ek doen al heel middag Standerd 2 huiswerk vir die baas se kinders.

11:08 PM  
Blogger Voetstoots van Tonder said...

empatie

6:48 PM  
Blogger Denker said...

Deel jou pyn!

11:00 PM  
Anonymous Anonymous said...

Wat stink so? Dooie Lam, of is dit al die knoffel in die Franse kos wat jy eet terwyl jy nie meer blog nie?

5:47 PM  
Blogger maeree said...

"Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie..." (Romeine 5)

as die lammervanger net volhard, sal die hoop sekerlik nie beskaam nie en sal ons eendag weer van hom hoor. hopelik met 'n foto wat bykans 'n jaar gelede al beloof is.

7:21 PM  
Anonymous Anonymous said...

bisness credit card arlington county virginia federal credit union. trend west vacation credits, [url=http://lowcreditpersonalloans.com/content/personal-loans-key-quick-cash-flow]ecsi net[/url]. credit management london apply for preapproved business credit cards.

8:59 PM  

Post a Comment

<< Home