Lamsak

My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Thursday, August 09, 2007

Net-Net



Magtag daar het die oog weer toegegaan! Dit is soos om iewers op jou eie in 'n ysige afgeleë plek te lê en sneuwel. Hulle sê mos jy raak aan die slaap...en dan word jy nooit weer wakker nie...

Ek het eenkeer 'n ware-verhaal-film-ding gekyk oor 'n rotsklimmer wat sy pel moes lossny wat van hom afgehang het oor die rand van 'n gletser. Die losgesnyde ou het die val oorleef en moes met gebreekte bene en ontwrigte skouers teen die berg afkruip met Boney M se Brown Girl in the Ring wat in sy ore suis soos die dood nader kom... Hy het besef dat hy gaan oorleef toe hy stront ruik en agterkom dat dit nie 'n hallusinasie is nie, maar wel sy maat wat hom losgesny het se uitskeidingsplek net buite sy kampplek...