Lamsak

My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Tuesday, June 26, 2007

My toestand is ernstiger as wat ek aanvanklik gedog het... HELP MY!


Thursday, June 07, 2007

Fobiekonfrontasie

Daarsy, ek is weer terug.

Ek is volgende week in Duitsland in 'n gehuggie met die naam Nuthetal. Dit is langs Potsdam (rym met kotskam). Ek sien uit na my reis, al gaan ek net vir drie dae in Duitsland wees. Dit is besonder kort as daar in ag geneem word dat die somtotaal van my reistyd amper vier dae is... My roete is Sydney-Hong Kong-Helsinki-Berlyn. Die trippie kom op baie kort kennisgewing so ons kon nie plek kry op die optimum roete nie.

Dit bring ons dan by die fobie-deel van die bespreking. Die vlug tussen Hong Kong en Helsinki. En Helsinki en Hong Kong. Op Finnair. Wat op daai roete 'n MD-11 gebruik. MD-11 is die bliksemse vliegtuig wat in ELKE movie oor botsings, mid-air botsings, vlerke wat onverklaarbaar afval, derde enjin wat in paadjie afvlieg en ledemate saamneem, kapings en dies meer feature. In hulle almal!!

So lyk hy sekondes weg van die aanloopbaan in Helsinki

en so lyk hy

en so moet hy nie lyk nie


Laat dink my aan toe ek die eerste keer deur Hong Kong gevlieg het en 'n geroeste Dragon Air vliegtuig in 'n afgeleë hoek sien staan het. Dragon Air word toe die tema van al my lugverskrikking grappies. Ses maande later sit ek toe wragtag op 'n Dragon Air vliegtuig tussen Hong Kong en Beijing.... en hier gaan ons weer.